# Rugby: Die voormalige Springbok-heelagter en Northam Rhinos se hoofafrigter, Bevin Fortuin, is op 46-jarige ouderdom dood. Hy het volgens berigte net voor ʼn beplande oefensessie ʼn hartaanval gekry. Fortuin het twee keer vir die Springbokke uitgedraf. Hy het in 2006 sy toetsdebuut teen Ierland gemaak en in die Drienasies-reeks in 2007 teen Australië gespeel. […]
# Die adjunk-minister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli, sê die Presidential Youth Employment Initiative het sedert sy begin in 2020 sy einddoel om vyf-miljoen jong mense te bereik, verbygesteek. Die inisiatief bevorder aktiewe burgerskap deur jong mense by gestruktureerde diensgeleenthede te betrek om tot hul gemeenskappe by te dra terwyl hulle vaardighede, werksgereedheid en lewensvaardighede […]
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, verwelkom die Wes-Kaapse Hooggeregshof se uitspraak dat die polisieklopjag op die kantore van twee burgemeesterskomiteelede onregmatig en ongrondwetlik was. In Januarie het 39 polisiebeamptes op JP Smith en Xanthea Limberg se kantore toegesak ná die ontleding van drie swart boeke wat verband hou met die vermeende bendebaas, Ralph Stanfield. […]
# Gholf: Ludvig Åberg van Switserland en die Fransman Tom Vaillant het agt-onder 64 aangehou vir ‘n gesamentlike voorsprong van een hou na ‘n reën-ontwrigte aanvangsronde van die PGA-kampioenskap op Wentworth in Engeland. Die Suid-Afrikaner Casey Jarvis met sewe onder, is een hou agter in die derde plek. Matt Fitzpatrick van Engeland is twee agter en […]
# Die ANC hou die naweek in Ekurhuleni sy Spesiale Nasionale Uitvoerende Komitee-vergadering. Die party se hoogste besluitnemingsliggaam sal onder meer die stand van plaaslike regering en die dubbele lidmaatskap van lede van die ANC en SAKP bespreek. Dit volg na die SAKP se besluit om onafhanklik aan volgende jaar se munisipale verkiesing deel te […]
# Brasilië se voormalige konserwatiewe president Jair Bolsonaro is tot 27 jaar en drie maande tronkstraf gevonnis. ʼn Paneel van vyf Hooggeregshof-regters het hom skuldig bevind aan ʼn poging om die land se 2022-verkiesing deur ʼn militêre bewindsoorname om te keer. Bolsonaro is ook skuldig bevind dat hy deel was van ʼn gewapende misdadige organisasie, dat […]