# Die Vryheidsfront Plus sê Ekurhuleni se burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Jongizizwe Dlabathi, het erken die aankondiging vir ‘n beplande openbare vergadering oor munisipale tariewe op 13 September is verkeerdelik uitgestuur. Dit beteken die vergadering kan nie as ‘n wettige openbare deelnameproses beskou word nie. Jennifer Glovers van die VF Plus sê sonder ‘n wettige en […]
# Die Tshwane Universiteit vir Tegnologie se Sonkrag-motorprojekspan het die gesogte 2025-kommunikasieprys van die Internasionale Raad vir Akademies van Ingenieurswese en Tegnologiese Wetenskap in Australië opgeraap. Die universiteit se inskrywing met die titel, Sustainable Automotive Technologies: a TUT Case Study, het finaliste uit China, Indië, Amerika, Nederland, die Verenigde Koninkryk, Pole, Mexiko en Uruguay uitgestof. […]
# Build One South Africa sê hy ondersteun die Gewysigde Immigrasiewetsontwerp, aangesien die integriteit en soewereiniteit van die land se grense respekteer moet word. Die Nasionale Vergadering het gister die wetsontwerp aanvaar, wat bepalings hersien oor die inhegtenisneming en aanhouding van vreemdelinge vir die doel van deportasie. BOSA se leier, Mmusi Maimane, sê as die […]
# Die Oos-Kaapse premier, Oscar Mabuyane, loof die provinsie se positiewe 2024/2025-oudituitkoms as ʼn stap in die rigting van skoon regering. Die Ouditeur-generaal se oudit-uitkoms volgens die Wet op Provinsiale Finansiële Bestuur toon al 12 provinsiale departemente het vir die eerste keer ongekwalifiseerde ouditmenings gekry. Ses departemente het selfs skoon oudits gekry. Mabuyane sê die […]
# Die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het ActionsSA se bewerings verwerp dat hy die forensiese verslag oor die Telkom Torings geheim hou. Die kompleks wat in 2016 vir sowat 700-miljoen-rand gekoop is as hoofkwartier vir die polisiediens in Pretoria, is in Februarie verlede jaar ontruim en staan sedertdien leeg. Die minister […]
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, verwelkom die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, se bereidwilligheid om ondersoekmagte na die metropolisie en wetstoepassing uit te brei. Die metro veg vir ʼn mate van regstreekse beheer oor die polisie, met groter vermoë om beleid en aanspreeklikheid te bepaal. Hill-Lewis sê met die oproep vir die afwenteling […]