# Utah se Departement van Openbare Veiligheid het ʼn nuwe video vrygestel wat wys hoe die verdagte in die moord op Charlie Kirk oor die dak van ʼn gebou hardloop en in ʼn beboste gebied verdwyn. Die Amerikaanse konserwatiewe jeugleier is Woensdag doodgeskiet terwyl hy by die Utah Valley University gepraat het. Die departement se […]
# Die hernubare-energiemaatskappy, Scatec, sê hy het aansienlike vordering gemaak in sy Suid-Afrikaanse toetsprojek vir elektriese voertuie in Kenhardt en Upington in die Noord-Kaap. Scatec sê die toetsprojek het reeds getoon dat elektriese voertuie, met goeie skedulering, naatloos en met minimum ontwrigting geïntegreer kan word by daaglikse bedrywighede. Die projek is deel van ʼn reeks […]
# RISE Mzansi sê die gewysigde Immigrasiewet moet handel met ‘n verbintenis om die wet toe te pas, die landsgrense te beskerm en menswaardigheid te respekteer. Die wet, wat die Nasionale Vergadering gister goedgekeur het, het duidelike riglyne vir aanhouding, landdrosoorsig en kinderbeskerming en om regverdigheid en aanspreeklikheid te verseker. Makashule Gana van RISE Mzansi […]
# ʼn Vennootskap tussen die Stad Kaapstad en The Litterboom Project het sedert Mei vanjaar meer as 23 ton vullis uit riviere en kanale verwyder. Met die metro se toelaag kon die projek agt nuwe vullisversperrings reg oor die metro oprig. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê Litterboom neem ook die plastiekvullis […]
# Die Tshwane-polisie het gister 359 verdagtes in Garsfontein en Boschkop vasgetrek tydens Operasie Shanela. Hulle oortredings sluit in moord, poging tot moord, verkragting en aanranding. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê 65 onwettige buitelanders is ook aangekeer en aan immigrasie-owerhede oorhandig:
# Die stadsraad van die Stad Tshwane het die strategiese distriksplan vir die Tshwane Varsproduktemark en omliggende omgewing goedgekeur. Dit sluit huise en gemengde gebruiksontwikkelings in. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, Sarah Mabotsa, sê die uitbrei en opknap van die middestad van Pretoria sal die metro toelaat om selfs meer tot ekonomiese […]
# City Power sê hy verskerp sy stryd teen misdadigers wat noodsaaklike infrastruktuur beskadig en kragvoorsiening aan inwoners belemmer. Ses verdagtes is onlangs in drie voorvalle in die Johannesburgse middestad, Bramley View en Alexandra vasgetrek weens kabeldiefstal en peuter met elektrisiteitsinfrastruktuur. City Power se woordvoerder, Isaac Mangena, sê kabeldiefstal en vandalisme aan die metro se […]
# Die Vryheidsfront Plus sê Ekurhuleni se burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Jongizizwe Dlabathi, het erken die aankondiging vir ‘n beplande openbare vergadering oor munisipale tariewe op 13 September is verkeerdelik uitgestuur. Dit beteken die vergadering kan nie as ‘n wettige openbare deelnameproses beskou word nie. Jennifer Glovers van die VF Plus sê sonder ‘n wettige en […]