# Krieket: Nieu-Seeland se nuwe afrigter, Rob Walter, sê die veteraankolwer Kane Williamson wil steeds vir sy land speel. Die voormalige kaptein het besluit om nie teen Zimbabwe te speel nie nadat hy ‘n sentrale kontrak met Nieu-Seeland Krieket vir die seisoen van die hand gewys het. Dit maak dit vir hom moontlik om te […]
# Die regter-president van die Oos-Kaap, Selby Mbenenge, het die vrou wat hom van seksuele teistering aankla, Andiswa Mengo, gedurende sy getuienis by die Regterlike Gedragstribunaal, daarvan beskuldig dat sy aan selektiewe geheueverlies ly. Onder kruisverhoor deur senior staatsadvokaat, Salome Scheepers, het Mbenenge beweer Mengo het ’n paar uitlokkende gesprekke met hom begin. Mbenenge het […]
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het vandag ‘n begroting van sewe-miljard-rand ter tafel gelê wat beoog om openbare gesondheidsorg te verbeter en voor te berei vir die begin van die Nasionale Gesondheidsversekering. Die plan sluit in die bou van nuwe hospitale, die aanstelling van meer dokters en verpleegkundiges, en die permanente indiensneming van […]
# AfriForum het gevra dat voorgestelde veranderings aan die Reguleringsowerheid van die Privaat Sekerheidsbedryf se regulasies onmiddellik gestaak word, met verwysing na die toenemende skandaal waarby die sakeman Vusumuzi ‘Cat’ Matlala betrokke is. AfriForum vra ‘n onafhanklike ondersoek na PSiRA se bande met misdadige netwerke en politieke inmenging. Jacques Broodryk van AfriForum eis dissiplinêre en […]
# Die DA het die wreede moord van wyk 10 Mamelodi raadslid, Thabang Masemola, veroordeel. Die DA se hoofsweep van die Tshwane-koukus, Ofentse Madzebatela, het sy medelye uitgespreek teenoor Masemola se familie en die ANC in Tshwane. Madzebatela vra vir dringende polisie-optrede en geregtigheid, en waarsku dat sulke geweld demokrasie en die veiligheid van onselfsugtige […]
# Die man wat aangekla word van die moord op die 14-jarige Lukhona Fose in Gauteng is borgtog van vyf-duisend-rand toegestaan in die Roodepoortse Landdroshof. Die meisie se verminkte liggaam is in ‘n oop veld naby haar huis ontdek ‘n dag nadat sy verdwyn het. Sy is in Komani in die Oos-Kaap begrawe. Mduduzi Mnisi […]
# Griekeland gaan alle asielverhore vir migrante wat op skepe van Noord-Afrika aankom, vir drie maande staak, te midde van ‘n toename in migrante uit Libië. Die eerste minister, Kyriakos Mitsotakis, het aan die parlement gesê die pad na Griekeland is gesluit en alle migrante wat onwettig die land wil betree, sal in hegtenis geneem […]