# Carín León gaan geskiedenis maak deur die eerste Latyns-Amerikaanse hoofkunstenaar in Las Vegas Sphere te wees. Hy het sy vierde album, Boca Chueca, Volume 1, in Mei verlede jaar uitgereik en met ‘n wêreldtoer opgevolg. León het debuutoptredes in Coachella and Stagecoach gemaak en ook in Madison Square Gardens in New York opgetree. Hy […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het ʼn dringende aansoek van die veroordeelde verkragter en moordenaar Thabo Bester en sy gewese vriendin, Nandipha Magudumana, met koste van die hand gewys. Hulle wou keer dat die Netflix-dokumentêr Beauty and the Bester uitgesaai word. Hulle het aangevoer dit bevat lasterlike inligting en maak inbreuk op hul reg op […]
# Die plaaslike musiekgroep Mango Groove se 40ste herdenkingskonsert, Memories and Moments, vind Sondag in die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin in Johannesburg plaas. Dis die groep se eerste groot optrede in die stad in vyf jaar en volg op hul uitverkoopte herdenkingskonsert in Kirstenbosch, Kaapstad, in Januarie. Hoofsangeres Claire Johnston sê die gehoor kan […]
# Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê die mobiele biblioteek in Kagiso in die Mogale-munisipaliteit , is ‘n ongeluk wat wag om te gebeur. Die biblioteek in Pillanstraat word regop gehou met ysterstawe en bakstene en die struktuur is onstabiel en gevaarlik. Amy Steyn van die VF Plus sê dis veral kinders wat die biblioteek […]
# Die GOOD-party sê die onlangse toename in bendeverwante misdade in die Wes-Kaap het daartoe gelei dat die polisie erken hulle het nie ‘n werkbare plan om dit te beëindig nie. Die Global Initiative Against Transnational Crime het verlede week sy kwartaallikse Western Cape Gang Monitor gepubliseer. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê dit wys […]
# Die Wes-Kaapse regering vier Erfenismaand deur ʼn erfenis-visie te bevorder wat inklusief, dinamies en gewortel in geleefde ervarings van gemeenskappe is. Die 2025 nasionale tema is: Herbedink ons Erfenisinstellings vir ʼn nuwe era. Die LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, sê een van die geleenthede wat die Wes-Kaapse Argief- en Rekorddienste vandag aanbied, […]
# Die bekroonde Suid-Afrikaanse rolprente The Heart is a Muscle en Carissa wys hierdie maand in gekeurde teaters in Kaapstad en Johannesburg. Dis deel van hul reis na die Oscars aangesien een van hulle benoem kan word vir beste rolprent in die kategorie Beste Internasionale Rolprent op die 98ste Academy Awards. The Heart is a […]
# Die DA versoek die Onderwysdepartement van Gauteng om streng veiligheidmaatreels en die gereelde deursoek van skole in te stel om seker te maak leerders bring nie wapens, dwelms en onwettige middele skool toe nie. Dit volg nadat agt leerders van die Khomani Primary School in Diepkloof, Soweto, na bewering deur ‘n medeleerling in Graad […]