# ʼn Afgetrede skoolhoof, Alui Tshigabe, het sy lewenslange droom vervul deur ʼn doktorsgraad binne slegs 26 maande te verwerf, al het baie mense getwyfel of hy dit binne so ʼn kort tydjie sou regkry. Die 68-jarige het sy PhD in Filosofie aan die Universiteit van Venda verwerf. Hy sê baie mense het gesê dit […]
# Die Forum for South Africa sê hy is diep bekommerd oor die beweerde verkragting van ‘n Graad 7-leerder van die Tlotlompho Primary School in Ga-Rankuwa deur ‘n busbestuurder. Die skoolhoof is na bewering verlede jaar oor onbetaamlike gedrag deur die busbestuurder ingelig. Die leier van FOSA, Tebogo Mashilompane, sê kinders se veiligheid in die […]
# Die legendariese oud-Springbok Jan “Boland” Coetzee is op 80-jarige ouderdom oorlede. Hy het ook vir Westelike Provinsie en Maties uitgedraf. Coetzee het tussen 1974 en ’76 ses toetse vir Suid-Afrika gespeel, insluitend 1976 se tuisreeks teen die All Blacks wat die Bokke 3-1 gewen het. Coetzee het WP van 1967 tot ’79 verteenwoordig en […]
# Carín León gaan geskiedenis maak deur die eerste Latyns-Amerikaanse hoofkunstenaar in Las Vegas Sphere te wees. Hy het sy vierde album, Boca Chueca, Volume 1, in Mei verlede jaar uitgereik en met ‘n wêreldtoer opgevolg. León het debuutoptredes in Coachella and Stagecoach gemaak en ook in Madison Square Gardens in New York opgetree. Hy […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het ʼn dringende aansoek van die veroordeelde verkragter en moordenaar Thabo Bester en sy gewese vriendin, Nandipha Magudumana, met koste van die hand gewys. Hulle wou keer dat die Netflix-dokumentêr Beauty and the Bester uitgesaai word. Hulle het aangevoer dit bevat lasterlike inligting en maak inbreuk op hul reg op […]
# Die plaaslike musiekgroep Mango Groove se 40ste herdenkingskonsert, Memories and Moments, vind Sondag in die Walter Sisulu Nasionale Botaniese Tuin in Johannesburg plaas. Dis die groep se eerste groot optrede in die stad in vyf jaar en volg op hul uitverkoopte herdenkingskonsert in Kirstenbosch, Kaapstad, in Januarie. Hoofsangeres Claire Johnston sê die gehoor kan […]
# Die Vryheidsfront Plus in Gauteng sê die mobiele biblioteek in Kagiso in die Mogale-munisipaliteit , is ‘n ongeluk wat wag om te gebeur. Die biblioteek in Pillanstraat word regop gehou met ysterstawe en bakstene en die struktuur is onstabiel en gevaarlik. Amy Steyn van die VF Plus sê dis veral kinders wat die biblioteek […]
# Die GOOD-party sê die onlangse toename in bendeverwante misdade in die Wes-Kaap het daartoe gelei dat die polisie erken hulle het nie ‘n werkbare plan om dit te beëindig nie. Die Global Initiative Against Transnational Crime het verlede week sy kwartaallikse Western Cape Gang Monitor gepubliseer. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê dit wys […]