# Padwedlope: Meer as 18-duisend atlete gaan na verwagting deelneem aan die 31ste Gun Run wat die naweek in Kaapstad plaasvind. Môre se wedlope behels ‘n landloop oor 17-kilometer vanaf Oranjezicht en korter wedlope vanaf Groenpunt, terwyl die halfmarathon oor 21,1-kilometer Sondag deur Groenpunt, Seepunt, Kampsbaai en Clifton sal kronkel. Padsluitings sal verskeie gebiede raak […]
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê president Cyril Ramaphosa se provinsiale diensleweringsvergaderings is noodsaaklik om nasionale, provinsiale en plaaslike leiers te belyn. Hlabisa het in Rustenburg, Noordwes, gepraat op die sewende vergadering en die belangrikheid van die Distriksontwikkelingsmodel beklemtoon om samewerking te verbeter. Hy erken daar is voortdurende uitdagings […]
# Rugby: Die Springbok-hulpafrigter Mzwandile Stick sê hulle besef hulle sal môre die volle 80-minute op hulle beste moet wees in die Rugbykampioenskapswedstryd teen die All Blacks in Wellington. Daar is heelwat op die spel vir Suid-Afrika. As hulle wen, behou hulle die Vryheidsbeker wat hulle verlede jaar die eerste keer sedert 2009 gewen het. […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering sal sterker ondersteuning vir boere bied en voedselsekerheid versterk. Mashatile het tydens NAMPO Kaap 2025 in die Overberg in die Wes-Kaap, uitdagings soos watertekorte, die gebrek aan befondsing en onvoldoende ondersteuning vir opkomende boere uitgelig. Hy het ook voortgesette gesprekke met die VSA oor tariewe op Suid-Afrikaanse uitvoere […]
# Die DA sê adjunkpresident, Paul Mashatile, het geen berou getoon oor sy versuim om ‘n volledige belangeverklaring aan die Nasionale Raad van Provinsies te voorsien nie, ten spyte van ‘n boete deur die Parlement se Gesamentlike Etiekkomitee. Die DA-lid, Dennis Ryder, sê ten spyte van die skulderkenning toe hy die boete betaal het, skram […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia en die burgemeester van Kaapstad, Geordin Hill-Lewis het die misdaaduitdagings in die stad bespreek, insluitend dat daar nie ‘n polisiekantoor in Mfuleni is nie. Hill-Lewis het 380-vierkante-meter munisipale kantoorruimte aangebied vir ‘n polisiekantoor, met ‘n aangrensende perseel wat gebruik sal word vir ‘n toekomstige volledige polisiekantoor. Woordvoerder, […]