# Die polisie in KwaZulu-Natal het vermoedelik die liggaam van die vlieënier Andrew Blackwood-Murray gevind, wat vermis geraak het na ‘n vliegtuigongeluk langs die kus van Durban verlede maand tydens ‘n lugskou. Polisiewoordvoerder, Robert Netshiunda, sê die liggaam is Vrydagaand langs die Bay of Plenty-strand op die Durbanse strandfront gevind:
# China se weermag het die vaart van Amerikaanse en Britse oorlogskepe gister deur die sensitiewe Taiwanstraat veroordeel en gesê hulle het die vloot- en lugmag beveel het om die twee skepe te monitor en te waarsku. Hulle sê die twee skepe was besig om moeilikheid te maak en uit te lok. Brittanje se ministerie […]
# President Cyril Ramaphosa sê die nasionale uitvoerende gesag het onderneem om met die Noordwes-provinsiale regering saam te werk om ‘n oplossing te vind vir die munisipaliteite se uitdagings. Ramaphosa het ‘n vergadering met die provinsiale uitvoerende gesag afgesluit wat daarop gemik was om interregeringskoördinering en dienslewering te verbeter volgens die vertrekpunte van die 7de […]
# Gautengse Verkeersbeamptes het hierdie week 43 motoriste in hegtenis geneem vir roekelose en nalatige bestuur op provinsiale snelweë. Oortreders, tussen 21- en 44-jaar oud, is gevang waar hulle tussen 148- en 188-kilometer per uur gejaag het. In een voorval is ‘n 37-jarige BMW-bestuurder teen 188-kilometer per uur op die N4 aangekeer. Die polisiewoordvoerder, Sello […]
# En laastens, ‘n bietjie rugbynuus: In ‘n opwindende kragmeting tussen Australië en Argentinië in Sydney het die besoekers daarin geslaag om ‘n laaste-minuut-aanslag deur die Wallabies te troef en die wedstryd met 28-26 gewen. Los Pumas het teen rustyd met 12 punte voorgeloop. As die Springbokke dit regkry om in die komende ure Nieu-Seeland […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê hy het ‘n memorandum wat deur al sy burgemeesters in die provinsie onderteken is, aan die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, en die minister van Justisie, Mmamoloko Kubayi, oorhandig. Die party sê munisipaliteite wat daartoe in staat is moet bemagtig word om hul gemeenskappe te beveilig. Tertuis […]