Rugby: Die Griekwas reis Saterdag na Johannesburg om in hulle tweede Curriebeker-finaal in vier jaar te speel, nadat hulle die Cheetahs in hulle kwarteindrondewedstryd in Kimberley met 25-5 verslaan het. Die vleuel, Dylan Maart, het twee drieë gedruk wat uiteindelik deurslaggewend vir die Griekwas was. Albert Leibenberg het die tuisspan se ander drie gedruk, met […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het Saterdag in ‘n brief aan sy NAVO-bondgenote ‘n ultimatum gestel, en gesê Amerika sal slegs “groot” sankies teen Rusland instel as hulle saamstem om dieselfde te doen, en ophou om olie by Rusland te koop. Dit sal ‘n noemenswaardige verandering vir die alliansie wees as hulle aan Trump […]
# Rugby: Die Nieu-Seelandse verdedigende kampioene van die vroue-Wêreldbeker, het ‘n eerste helfte skok oorleef om Suid-Afrika Saterdag met 46-17 in die kwarteindronde van hulle vroue-Rugby Wêreldbekerwedstryd te verslaan. Suid-Afrika het hulle kragtige voorspelerpak gebruik om die eerste helfte met tien-elk gelykop te eindig. Maar die All Black-vroue het balbesit in die tweede helfte oorheers […]
# Rugby: Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, sê hy is hoogs tevrede met sy span se grootste oorwinning ooit teen die All Blacks, maar sê hulle het ‘n moeilike taak teen Argentinië in hul oorblywende twee Rugbykampioenskap-wedstryde. Die 43-10 oorwinning is die grootste pakslae wat die All Blacks nog ooit op die hals gehaal het. Die […]
# Eskom sê hy lewer steeds betroubare krag aan Suid-Afrika. Die woordvoerder van die nutsmaatskappy, Daphne Mokwena, sê onbeplande verliese as gevolg van onderbrekings is steeds daadwerklik onder die tienduisend-megawatt-drempel, naamlik seweduisend-394-megawatt. Sy sê dit weerspieël volgehoue strukturele verbeterings in aanlegprestasie, gedryf deur die voortdurende toepassing van die opwekkingsherstelplan:
# Die DA in Noordwes sê president Cyril Ramaphosa se oproep vir dringende optrede om regeringsmislukkings in die provinsie te beëindig, kom heeltemal te laat vir die duisende wat reeds jare lank onder ANC-wanbestuur ly. Leon Basson van die DA sê die president se uitsprake oor Spesiale Ekonomiese Sones, regulatoriese hervorming en infrastruktuur, is nie […]
# Die DA sê die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, het haarself en die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag weerspreek oor die troepefonds van 813-miljoen-rand. Nicholas Gotsell van die party sê in haar jongste skriftelike antwoord op ‘n parlementêre vraag het sy ook haarself en die SANW-topleiers weerspreek oor die sukkelende departement se finansiële […]
# Die MK-party het die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, se roekelose besnoeiing van fondse aan die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee veroordeel. Die MK-party se woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, sê McKenzie saboteer grondwetlike ontwikkeling en verpligtinge en die drome van gewone Suid-Afrikaners. Hy sê die MK-party eis ‘n onmiddellike ondersoek deur die […]
# Die polisie- en gevangenisdiensvakbond, POPCRU eis ‘n dringende ondersoek na die diskriminerende praktyke by SAPD-opleidingskolleges regoor die land. POPCRU se woordvoerder, Richard Mamabolo, sê die afdelingskommissaris vir opleiding, Bongiwe Zulu, het in Bisho, in die Oos-Kaap vyf lede aan opleiding onttrek bloot op grond van hul gestremdheid. Hy sê POPCRU is verder ontsteld oor […]