# Krieket: Gister se beslissende T20 tussen Suid-Afrika en Engeland op Trent Bridge is weens reën afgestel sonder dat ʼn enkele bal geboul is. Die Proteas het die reën-ontwrigte aanvangswedstryd in Cardiff met 14 lopies gewen, waarna Harry Brook se span sake gelykop gemaak het op Old Trafford met ʼn rekord-sege van 146 lopies. Die […]
# Amerika se minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het Sondag in Jerusalem met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, vergader. Dit volg ná Israel se aanval op ʼn Hamas-vergadering verlede week in Katar, ʼn belangrike Amerikaanse bondgenoot in die streek. Rubio se besoek volg terwyl Israelse magte voortgaan om woongeboue in Gaza-stad te vernietig, […]
# Die ANC-jeugliga het berigte van faksiegevegte en ‘n opvolgingstryd binne sy geledere verwerp en dit as vals en ‘n verdigsel bestempel. Volgens City Press was die jeugliga se Nasionale Algemene Raad wat verlede week gehou is, deurspek van vergaderings om ‘n mosie van wantroue teen president Collen Malatji in te dien. Die ANC-jeugliga sê […]
# Atletiek: Die 24-jarige Oblique Seville het sy Jamaikaanse landgenoot, Kishane Thompson, geklop om goud te verower in die mans-100-meter op die Wêreldkampioenskap in Tokio. Die verdedigende kampioen, Noah Lyles van Amerika, was derde. Dit is Jamaika se eerste wêreldnaelloop-titel sedert Usain Bolt in 2016. Die Suid-Afrikaners Gift Leotlela en Akani Simbine was vyfde en […]
# Die Gautengse polisiekommissaris Tommy Mthombeni het hulde gebring aan gevalle beamptes wat in die uitvoering van hul pligte gesterf het en sê hulle het getrou gebly aan hul ampseed. Hy het gister ‘n Provinsiale Herdenkingsdag in Johannesburg toegespreek. Vier beamptes is gedurende die 2024/2025-boekjaar in die provinsie aan diens dood. Kranse is gelê, en […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die Galg-opgrawingsprojek het die liggame hewin van diegene wat as politieke gevangene gehang is, en hulle families gehelp om hulle tuis met waardigheid te begrawe. Kubayi sê die Ballingskaprepatriasieprojek sal voortgaan om sy werk te doen om die oorblyfsels te herwin van mense wat […]
# Die Departement van Menslike Nedersettings in Gauteng veroordeel die misleidende inligting in sekere mediaberigte wat impliseer die behuisingsagterstand in die provinsie staan op 1,4-miljoen huise. Die woordvoerder van die departement, Tahir Sema, sê hierdie getal is nie ‘n akkurate weergawe van die werklike agterstand nie. Hy sê dit verteenwoordig die totale aantal name op […]
# Die DA het onthul dat 57 polisie-lede wat na dissiplinêre verhore afgedank is vir misdade soos verkragting, moord, bedrog en korrupsie, tussen 2015 en 2025 weer deur die provinsiale- of afdelingskommissarisse aangestel is. Nicholas Gotsell van die DA sê meeste van die afdankingsbevele is met met kort skorsings of skriftelike waarskuwings vervang. Hy sê […]
# Die Men’s Council of South Africa doen ‘n beroep op alle burgerlike organisasies, tradisionele leiers en Suid-Afrikaners om die Konstitusionele Hof se uitspraak oor mans wat vroue se vanne gebruik, te betwis. Die stigter en president van die raad, Fikile Dyantyi, sê die raad vrees dat hierdie uitspraak kan lei tot die erosie van […]