# Rugby: Suid-Afrika is weer boaan die wêreldranglys nadat hy Nieu-Seeland Saterdag in Wellington 43-10 verpletter het vir sy grootste oorwinning ooit oor sy aartsvyand. Ierland is tweede en die All Blacks skuif af na die derde plek. Frankryk en Engeland is onderskeidelik vierde en vyfde. Australië is sewende na sy naelskraapse nederlaag van 28-26 […]
# Die Universiteit van die Vrystaat is as een van die beste drie universiteite landwyd aangewys tydens die 2025 GradStar-toekennings. Drie-en-vyftig studente is op die gesogte Top 500-lys ingesluit. Die GradStar-toekennings, wat tien jaar gelede begin is, identifiseer studente in Suid-Afrikaanse universiteite met vaardighede in indiensneembaarheid, wat leierskapseienskappe het en potensiaal toon om ‘n betekenisvolle […]
# Die Stad Ekurhuleni het die Metropolisie ontplooi om vandag die vakbond vir munisipale en staatdienswerkers, MECSU, se staking by die OR Tambo-staatsdistrik en burgersentrum dop te hou. Die metrowoordvoerder, Zweli Dlamini, sê die Arbeidshof het reeds ʼn tussentydse interdik toegestaan wat enige verhindering van munisipale bedrywighede en toegang tot enige noodsaaklike dienste streng verbied. […]
# President Cyril Ramaphosa sê wanneer die Staatsdiens goed funksioneer, is dit ‘n kragtige instrument vir maatskaplike en ekonomiese ontwikkeling, maar wanneer dit wankel, ly die kwesbaarste burgers daaronder. September is Staatsdiensmaand. Die president sê in sy weeklikse nuusbrief die Staatsdiens ondervind beduidende uitdagings, insluitend korrupsie en te min vaardighede. Hy sê die regering versterk […]
# Die polisie in Kraaifontein in Kaapstad soek na die skuldiges in ‘n reeks moorde en geweldsmisdade die afgelope naweek. Vier mense is in afsonderlike voorvalle dood, insluitend ‘n skietery in en om die Mhongqo-informele nedersetting en een steekvoorval Saterdag. Die polisie ondersoek vier moorde, een poging tot moord en ‘n verkragting. Die motief vir […]
# Die polisie in Tshwane sê die soektog na drie verdagtes wat ʼn polisiebeampte Vrydag in Temba, Hammanskraal, vermoor het, gaan voort. Die polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê beamptes het die Chris Hani-afdeling, Blok G, gepatrolleer toe hulle ʼn verdagte voertuig opmerk. Sy sê toe hulle die voertuig nader, is ʼn 33-jarige konstabel noodlottig gewond. Muridili […]
# Die leier van die Patriotic Alliance, Gayton McKenzie, sê die ondersoek na sy adjunk, Kenny Kunene, is sowat twee maande ná sy skorsing bykans afgehandel. Kunene word ondersoek ná sy besoek in Julie aan die huis van Katiso “KT” Molefe, die vermeende baasbrein agter die moord op Oupa Sefoka, algemeen bekend as DJ Sumbody. […]