# Die Oos-Kaapse polisie het sy soektog na verdagtes verskerp ná die verkragting en moord op ’n 14-jarige leerder in KwaMfula. Woordvoerder Namhla Mdleleni sê die tiener is Vrydagoggend skool toe maar het nie daarna teruggekeer huis toe nie. Sy sê die meisie se liggaam is Sondag in ‘n bouvallige gebou naby ‘n bos gevind […]
# Rugby: Western Force se afrigter, Simon Cron, moedig sy span aan om die geleentheid aan te gryp wanneer hulle Saterdag teen die Britse en Ierse Leeus te staan kom. Cron het ses Wallabies in sy opdrafspan ingesluit. Die ervare skrumskakel Nic White is kaptein nadat hy saam met Nick Champion de Crespigny, Dylan Pietsch, […]
# Die Amerikaanse minister van Verdediging, Pete Hegseth, gaan vandag op ‘n nuuskonferensie nuwe inligting verskaf oor die uitwerking van aanvalle op Iranse kernaanlege. Dit volg ná ‘n hewige geskil oor hoe groot die terugslag was ná die Amerikaanse bombardering van Teheran se kernprogram. Amerika het drie belangrike Iranse kernaanlegte aangeval ná Israelse aanvalle op […]
# Die kabinet bepleit kalmte en dringende terughouding in die voortgesette konflik tussen Israel en Iran, en is diep bekommerd oor die lewensverlies en vernietiging wat die onlangse vyandelikhede veroorsaak het. Die kabinet vra alle partye, insluitend Amerika, om selfbeheersing uit te oefen en ten volle te voldoen aan internasionale reg. Die minister in die […]
# Die Britse liefdadigheidsorganisasie The Donkey Sanctuary sê amper ses-miljoen donkies word jaarliks geslag vir Chinese medisyne, met ernstige gevolge vir dorpsbewoners in Afrika wat op die diere staatmaak. Die behoefte word aangevuur deur die verhoging in China se vervaardiging van ‘n gesondheidsaanvulling wat kollageen uit donkievelle bevat. China se donkie-bevolking het van 11-miljoen in […]
# Die Hooggeregshof in Milimani het ‘n opdrag van Kenia se Kommunikasie-owerheid opgeskort wat regstreekse dekking van die versetoptrede verbied. Dit volg nadat 16 mense dood is in hernude betogings om die dodelike belasting-betogings en die dood van die politieke webjoernaalskrywer Albert Ojwang in polisie-aanhouding te herdenk. Regter Chacha Mwita het beslis die bevel wek […]