# Die Wes-Kaapse LUR vir Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, sê rampspanne bly op ‘n hoë gereedheidsgrondslag met die koue, nat weer wat in die provinsie voortduur. Hy sê vloedgeteisterde gebiede is steeds in gevaar, aangesien Vlak 4-waarskuwings vir skadelike golwe en Vlak 2-waarskuwings vir reën en wind steeds van krag is. Die […]
# Die premier van KwaZulu-Natal, Thami Ntuli, sê jeugwerkloosheid in die provinsie is steeds ‘n uitdaging. Ntuli het ‘n openbare-privaat vennootskap met MTN aangekondig om digitale toegang te bevorder deur 130 nuwe 4G- en 5G-torings, veral in landelike gebiede, op te rig. Die sluit gratis 5G by klinieke, howe en biblioteke in. Die premier sê […]
# Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê president Cyril Ramaphosa het Andrew Whitfield van die DA as adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging verwyder. Dit volg na toenemende bespiegeling omtrent ‘n kabinet-skommeling, wat na vermoede gekoppel is aan die omstredenheid rondom die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Nobuhle Nkabane, se hantering van […]
# Die Kabinet sê die 70ste herdenking van die Vryheidsmanifes dien as ‘n herinnering van die land se lang stryd vir ‘n vrye, gelyke en regverdige samelewing. Die Manifes wat op 26 Junie 1955 in Kliptown aangeneem is, het die grondslag vir die land se demokrasie gelê. Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het […]
# China was vandag gasheer vir ʼn vergadering van die Ministers van Verdediging van Iran en Rusland in Qingdao, teen die agtergrond van oorlog in die Midde-Ooste en ʼn spitsberaad van NAVO-lande wat ingestem het om militêre besteding te verhoog. Beijing probeer al jare om die 10-lid Sjanghai-samewerkingsorganisasie as ʼn teenwig tot magsblokke wat deur […]
# Helen Zille van die DA het ‘n dringende vergadering van die party se Federale Raad vir vandag byeengeroep. Dit is in reaksie op die samestelling van die Nasionale Uitvoerende Gesag van die Regering van Nasionale Eenheid, nadat president Cyril Ramaphosa die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Andrew Whitfield, afgedank het. Hy was deel […]
# ‘n Veteraan-arbeidsadvokaat, Micheal Bagraim, stel voor dat die Nasionale Ekonomiese Ontwikkelings- en Arbeidsraad die Nasionale Dialoog moet lei eerder as dat 700-miljoen-rand bestee word aan nog ‘n gepratery. President Cyril Ramaphosa het aangekondig die dialoog sal in Augustus begin om gesamentlike oplossings vir die land se verskeie uitdagings te vind. Bagraim sê dis ‘n feit […]