# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het die onduidelikheid uitgeklaar oor die toelaestruktuur vir troepe wat op buitelandse sendings ontplooi is. Dit volg op berigte dat die weermagsoldate wat as deel van die sending van Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in die Demokratiese Republiek die Kongo ontplooi is, na bewering slegs 34-duisend rand per maand ontvang het. Dít ten […]
# Die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het die noodlottige skietery van ‘n 25-jarige vrou by die Blue Downs-landdroshof in Kaapstad vroeër die week veroordeel. Dit volg nadat ‘n man verlede maand in die Wynberg-landdroshof doodgeskiet is. Die departement se woordvoerder, Kgalalelo Masibi, sê die voorval hou nie met ‘n hofsaak verband nie en […]
# Sokker: Tottenham Hotspur het Manchester United 1-0 geklop in Bilbao, Spanje, om die Europaliga-eindstryd te wen. Brennan Johnson se doel in die eerste helfte was bepalend en Tottenham het sy eerste trofee in 17-jaar gewen. Ange Postecoglou se span kwalifiseer daarmee vir volgende seisoen se Kampioeneliga. United sal volgende seisoen aan geen Europese kompetisies […]
# Die EFF sê hy is trots dat sy wetgewende en politieke agenda onder leier Julius Malema volgens hom imperialisme in Washington geraak het. President Donald Trump het sy ampsgenoot, Cyril Ramaphosa tydens die vergadering in die Withuis onkant betrap met ʼn video waarin Malema sing dat wit mense vermoor moet word. EFF-woordvoerder Sinawo Tambo […]
# Die DA in Gauteng sê hy is toegang geweier toe hy ʼn oorsigbesoek aan die provinsiale Onderwysdepartement se gehuurde kantore in die Johannesburgse middestad wou bring. Volgens berigte voldoen die gebou nie aan beroepsgesondheid- en veiligheidstandaarde nie. Khathutshelo Rasilingwane van die DA sê dis onaanvaarbaar dat hulle toegang geweier word en dit ondermyn die rol […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se gewysigde begroting is ʼn oorwinning vir veelparty-demokrasie in Suid-Afrika. Die minister het probeer om die inkomstegaping te vul wat deur die geskrapte BTW-verhoging gelaat is en terselfdertyd die stygende staatskuldvlakke onder beheer te hou. Die VF Plus sê hy is tevrede dat sy […]