# President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika bly gebonde aan swart ekonomiese bemagtiging, ten spyte daarvan dat Amerika op ander sake fokus. Ramaphosa het aan die Nasionale Raad van Provinsies gesê regstelling en billikheid is grondwetlike vereistes, aangesien SEB noodsaaklik is vir inklusiewe, volhoubare groei, en moet alle Suid-Afrikaners betrek. Hy bevestig beleide word hersien om […]
# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus sê die flambojante losskakel, Sacha Feinberg-Mngomezula, hoef nie elke keer wondere te verrig op die veld nie. Die jong speler sal Saterdag teen die Barbarians die nommer 10-trui dra, met die meer ervare Manie Libbok op die bank. Die veteraan Handré Pollard speel nie hierdie week nie. Erasmus sê […]
# Die Libanese gewapende groep Hezbolla het sy bondgenoot Iran se oorwinning oor Israel geprys ná 12 dae van oorlog, en noem dit die begin van ‘n “nuwe geskiedkundige fase”. Hezbollah het die Islamitiese Republiek in ‘n verklaring opreg gelukgewens en geprys oor sy “glorieryke goddelike oorwinning”. Die groep sê die oorwinning is verpersoonlik deur […]
# Die Padongelukkefonds het bevind dat byna 44-persent van persoonlike eise die afgelope jaar ingedien is deur mense tussen die ouderdomme van 15 en 35 jaar. Dit verteenwoordig meer as 70-duisend gevalle. ‘n Verdere 15-duisend eise is namens persone onder die ouderdom van 15 jaar. Tussen 2019 en 2023, is 24-duisend mense tussen 15 en […]
# Rise Mzansi sê die misbruik van openbare fondse en onetiese leierskap moet tot ‘n einde kom. Die party verwelkom die parlementêre staande komitee oor Openbare Rekeninge se ondersoek na die skandaal van 50-miljard-rand by die Padongelukkefonds, wat aantygings van wanadministrasie, roekelose besteding en finansiële wangedrag insluit. Makashule Gana van Rise Mzansi moedig die komitee […]
# Die Wes-Kaapse Regering verwelkom ‘n vredesooreenkoms tussen die Kaapse Verenigde Taxivereniging en die taxi-vereniging Codeta om ‘n oplossing te vind vir die konflik oor die Mfuleni-Somerset- en Khayelitsha-Somerset-roetes. Dit word beskou as ‘n belangrike stap om die veiligheid en betendigheid in openbare vervoer te herstel. Die LUR vir Mobiliteit, Isaac Sileku, het die twee […]
# Die president van Rusland, Vladimir Putin sal nie volgende maand se Brics-beraad in Brasilië bywoon nie aangesien daar ‘n arrestasiebevel deur die Internasionale Strafhof teen hom uitstaande is. Die Strafhof in Den Haag wil Putin arresteer vir die beweerde onwettige deportasie van Oekraïense kinders nadat sy troepe die land in 2022 binnegeval he. ‘n […]
# Die DA is verontwaardig omdat ’n beplande rugbywedstryd tussen die Sekondêre Skool Atlantis en Loughborough Grammar School van Brittanje afgestel is weens vrese oor veiligheid in Atlantis, Kaapstad. Die wedstryd was beplan vir volgende Vrydag op die Proteapark-sportterrein. Nicholas Gotsell van die DA sê dit verpletter ‘n skaars geleentheid vir leerders. Hy beskuldig die […]
# Atletiek: Kenia se driemalige Olimpiese kampioen in die een-duisend-500-meter, Faith Kipyegon, gaan vanaand in Parys, Frankryk, probeer om die eerste vrou te word wat die myl in onder vier-minute hardloop. Nike se “Breaking4”-projek volg op die sukses van Kipyegon se landgenoot, Eliud Kipchoge, se nie-amptelike marathon van onder twee-uur. Nike glo haar gevorderde hardloopskoene, […]