# Eskom sê ladingsvermindering het ietwat afgeneem gedurende die winter-spitstye in die oggend en aand, van ‘n gemiddeld van 544-megawatt in April tot 529-megawatt in Junie. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê provinsies soos Limpopo, Mpumalanga en Gauteng verteenwoordig sowat 87-persent van die totaal. Sy sê Eskom waardeer die vordering met landswye ladingsvermindering, met ‘n afname van drie-persent […]
# Die Ebb-and-Flow-ruskamp in die Wildernis-gedeelte van die Tuinroete Nasionale Park is aangewys as die beste naweekwegbreek op die Best of George Readers’ Choice-toekennings in die Wes-Kaap. Die toekenning, wat deur openbare benoeming en stemming beslis word, erken uitstekende plaaaslike ondernemings. Die kamp, bekend vir sy bospaadjies, panoramiese uitsigte en uiteenlopende verblyfkeuses, is verlede jaar […]
# Ongeveer 20 leerders is beseer in ‘n ongeluk in Mpendle, KwaZulu-Natal, waarin ‘n minibustaxi betrokke was. Die owerhede sê die minibustaxi is van die pad af en het ‘n paar meter langs die KwaKhetha-brug teen die P127 afgerol. Die beseerdes is leerders van die Matomela High School, die Luthando High School en die Sthunjwana […]
# Sokker: Die druk op die afrigter van Manchester United, Ruben Amorim, raak al hoe meer, met sy span wat gister 3-nul in die Premierliga teen Manchester City verloor het. Die Red Devils het slegs vier punte uit hulle eerste vier wedstryde gekry, wat beteken dit is hulle swakste begin in ‘n Premierliga-seisoen in 33 […]
# Die UDM sê die demokratiese waardes wat in die Grondwet vervat is, is steeds die rigtingwyser vir Suid-Afrika om ʼn regverdige samelewing te bou. Dis vandag Internasionale Dag van Demokrasie wat geleentheid bied om die stand van demokrasie in die wêreld te hersien. Zandile Phiri van die UDM sê die dag herinner die wêreld […]
# Die DA in Gauteng het sy kommer uitgespreek oor die toename in seksuele aanranding en tienerswangerskappe, wat volgens hom ‘n pandemievlak bereik het. Meer as 23-duisend-691 tienerswangerskappe is in 2024 in die provinsie aangemeld. Intussen is 521 babas van ma’s tussen 10 en 14 jaar in ‘n gesondheidsinstelling in gebore. Solly Msimanga van die […]
# Fietsry: Die Suid-Afrikaner Allan Hatherley het sy titel by die UCI-bergfiets-wêreldkampioenskap suksesvol verdedig toe hy goud gewen het by die Crans-Montana in Switserland. Hy is die vierde fietsryer in die geskiedenis wat dié prestasie behaal. Die 24-jarige Durbaniet het die wedren in een uur en 30 minute voltooi. Die Italianer, Simone Avendetto, was tweede […]