# Sokker: Mamelodi Sundowns se droom om die laaste-16 van die FIFA Klub-Wêreldbekertoernooi te bereik, is vanaand in die weegskaal wanneer hulle teen die Brasiliaanse reus, Fluminense, speel in ‘n deurslaggewende Groep F-wedstryd in Amerika. ‘n Oorwinning sal verseker dat hulle deurgaan, maar as Dortmund met Ulsan HD afreken, sal ‘n gelykop-uitslag moontlik nie genoeg […]
# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, het eenheid en respek vir demokratiese waardes gevra te midde van ‘n mosie van wantroue teen hom. Die raad se hoofsweep en die ANC-raadslid, Sthembiso Zungu, sowel as die raad se speaker en Nobuhle Mthembu van ActionSA kan ook mosies van wantroue teen hulle verwag. Morero het die […]
# Die Gautengse Departement van Onderwys het twee inspekteurs van die Infrastruktuureenheid geskors, nadat hulle betrokke was by ‘n herstelprojek by die Noordgesig Secondary School. Dit volg na ‘n brand op 27 Junie 2024 by die skool in Soweto. Die departementele woordvoerder Steve Mabona sê ten spyte van fondse wat vir dringende herstelwerk bewillig is, […]
# Die DA sê die minister van Verdediging, Angie Motshekga, moet dringend lig werp op haar drie-maande omkeerplan om die ineenstorting van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag te keer. Die party voer aan dit lyk of Motshekga uit voeling is met die Weermag se krisis en verdedig aanhoudend luukse uitgawes terwyl kritieke bedrywighede onderbefonds word. Nicholas […]
# Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling bied ‘n weeklange gemeenskapsuitreikprogram aan in die Gert Sibande-distrik in Mpumalanga, om bewustheid te skep oor die gevare van dwelmgebruik. Die veldtog sluit in besoeke aan skole, tavernes en kerke, as deel van die Internasionale Dag teen Dwelmmisbruik en Onwettige Handel môre. Bathembu Futshane van die departement, sê dwelmgebruik […]
# Betogings in Kenia het toegeneem in Nairobi vandag op die eerste herdenking van die dodelike belasting-betogings waarin meer as 60 mense dood is. Die polisie het alle toegang tot die Parlement afgesluit nadat spanning ook toegeneem het ná die dood van ‘n politieke webjoernaalskrywer, Albert Ojwang. Hy is in hegtenis geneem en in polisie-aanhouding […]
# Die Noordwes Provinsiale Inisiasiekoördineringskomitee het veertien onwettige inisiasieskole gesluit en sewe-en-sestig seuns in die provinsie gered aan die begin van die winter-inisiasietydperk. Die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake se woordvoerder, Thebeetsile Keameditse, sê die komitee word oorval met oproepe van ouers en die polisie wat gevalle van vermiste jong seuns aanmeld. Van […]