# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika is gekant teen oorlog en verkies dialoog bo geweld. Hy het die Verenigde Nasies se tweestaat-konferensie in New York toegespreek wat daarop gemik is om die voortslepende konflik tussen Israel en Palestina op te los. Lamola sê daar kan nie vrede wees terwyl […]
# Sokker: Lucas Ribeiro Costa van Mamelodi Sundowns het vier eerbewyse by die Premiersokkerliga-toekennings opgeraap. Hy het weggestap met PSL Sokkerspeler van die Seisoen en Premierskapspelers se Speler van die Jaar, asook Doel van die Seisoen en Top-doelskopper van die Jaar. Miguel Cardoso is aangewys as Afrigter van die Jaar nadat hy Sundowns tot ʼn […]
# Die Oos-Kaapse regering sê hy maak beduidende vordering in sy pogings om die gesinne te hervestig wat deur die Junie-vloede geraak is en wat 103 mense se lewens geëis het. Hervestigingsbedrywighede is hervat in die Mnquma- plaaslike munisipaliteit in die Amathole-distrik en die King Sabata Dalindyebo-munisipaliteit in die OR Tambo-streek. Die woordvoerder van die […]
# Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê die kruispunt van geopolitieke, binnelandse en handelskwessies definieer die huidige dooiepunt tussen Suid-Afrika en die VSA die beste, en ‘n herstelling is onvermydelik. Die nuwe Amerikaanse tariewe, wat bepaal dat Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika aan ‘n 30-persent invoertarief onderworpe sal wees, tree Vrydag in […]
# ‘n Kragtige aardbewing met ‘n meting van 8,8 het Rusland se verre oostelike Kamchatka-skiereiland getref wat gelei het tot tsoenami-waarskuwings in dele van Moskou, Japan, die Amerikaanse Weskus, die Filippyne en Indonesië. Verskeie mense is beseer terwyl owerhede waarsku oor sterk naskokke. Die skiereiland het reeds die afgelope tien dae ‘n reeks aardskokke ondervind. […]
# ActionSA in Gauteng sê dis onverstaanbaar dat ʼn staatskool van miljoene rand tydens ʼn dringende behoefte aan funksionele en veilige leeromgewings op ʼn ekologies sensitiewe en ondoelmatige perseel gebou word. Dit volg na onthullings dat die Bachana Mokwena Primary School in Ga-Rankuwa in ʼn vleiland gebou is. ActionSA-woordvoerder John Moodey sê die provinsiale departemente […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 30 Julie 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig Suid-Afrika se handelspan is besig met ‘n laaste poging voor Vrydag se sperdatum om die streng 30-persent-tarief op uitvoere na die VSA af te weer. Die koerant skryf die onderhandelinge onder leiding van die minister van Handel, Nywerheid en […]