# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê die bekendmaking van die verslag oor die tender vir die suurstofaanleg van 800-miljoen-rand sal uiteindelik die omstredenheid opklaar. ‘n Forensiese ondersoek het bevind dat die Onafhanklike Ontwikkelingstrust die tender vir die aankoop van suurstofaanlegte by 55 openbare hospitale aan ‘n ongekwalifiseerde maatskappy toegeken het. Die departement se […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Infrastruktuur sê hy het met ʼn reaksiestrategie begin om vloedskade in talle distriksmunisipaliteite te herstel en dit sluit meer as tien bouprojekte in. Een van hierdie projekte is die Sewe Passe-weg in die Tuinroete-distriksmunisipaliteit wat in November 2021 tydens storms weggespoel het. Die departement sê die huidige kosteberaming om vloedskade […]
# Die Tshwane onderburgemeester, Eugene Modise, sê hulle is dankbaar vir die Rand Water-stigting se verskaffing van vier lewensveranderende boorgatte in Langkloof, Sokhulumi, Sizanani en Rethabiseng. Die vennootskap fokus op die verbetering van toegang tot water, die bevordering van waterbewaring en waterinfrastruktuur in die metro. Modise sê Tshwane en die Rand Water-stigting het hulle verbintenis […]
# Die tegnologiereus, Huawei, het beurse van twee-miljoen-rand toegeken aan presterende IKT-studente aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie. Dis deel van ʼn samewerkingspoging tussen die universiteit en Huawei, wat topstudente ondersteun en TUT se teenwoordigheid in die digitale ruimte bevorder. Intussen het meer as ʼn duisend studente deur die TUT-Huawei ICT Academy reeds opleiding en sertifikate […]
# Die Gautengse portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid het die inhegtenisneming van twee verdagtes verwelkom, wat vermoedelik deel is van ‘n gesofistikeerde vuurwapensmokkelsindikaat. Die verdagtes is Maandag in Meyersdal, Johannesburg, in hegtenis geneem met 30 ongelisensieerde vuurwapens wat na bewering vir die Wes-Kaap bedoel was. Hulle staan tereg op verskeie aanklagte, insluitend die onwettige besit en handel […]
# Die Metaalwerkersvakbond van Suid-Afrika het ‘n tweejaar, bo-inflasie loonverhogingsooreenkoms met die Glasbedryf-werkgewersvereniging gesluit. Die ooreenkoms dek al 13-duisend werkers in die sektor. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê as deel van die ooreenkoms sal die Nasionale Bedingingsraad vir die Chemikalieëbedryf ‘n werkloosheidsondersteuningsfonds skep om werkers te help wat hulle werk ingevolge Artikel 189 prosesse […]
# ‘n Professor aan die Universiteit van Witwatersrand, en die John Hopkins-universiteit, Lucy Allais, is die eerste vroue Suid-Afrikaanse filosoof wat as lid van die Amerikaanse Akademie vir Kuns en Wetenskap toegelaat is. Huidige lede verteenwoordig innoverende denkers in elke veld en beroep, insluitend meer as 250 Nobel- en Pulitzerpryswenners. Allais sluit haar aan by […]