# Russiese owerhede het ‘n noodtoestand in die noordelike Koeril-eilande afgekondig na die tsoenami wat veroorsaak is deur die massiewe aardbewing van 8,8 naby die Kamtsjatka-skiereiland. Die aardbewing het tot tsoenami-waarskuwings en ontruimings in kusgebiede aan die Stille Oseaan gelei, insluitend in die Filippyne, Indonesië en Japan. ‘n Tsoenami-waarskuwing is vir die weskus van Amerika […]
# Die Stad Kaapstad sê privaat ontwikkelaars wat in die afgebakende Stedelike Ontwikkelingsones belê en voldoen aan voorwaardes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens, sal tot in Maart 2030 in aanmerking kom vir belastingaansporings. Die Stedelike Ontwikkelingsone moedig die privaat sektor aan om in kommersiële en wooneiendomme in middestad-gebiede te belê en dit te ontwikkel. Die onderburgemeester […]
# SANparke vier môre Wêreldnatuurbewaarderdag by die Tafelberg-nasionale park in Kaapstad. Die dag is ‘n geleentheid om bewaarders wat in die uitvoering van hul pligte dood of beseer is, te herdenk en te vereer, en hul toewyding aan die bewaring en beskerming van die land se natuurlike en kulturele erfenis te vier. Die Minister van […]
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, sê die bekendmaking van die verslag oor die tender vir die suurstofaanleg van 800-miljoen-rand sal uiteindelik die omstredenheid opklaar. ‘n Forensiese ondersoek het bevind dat die Onafhanklike Ontwikkelingstrust die tender vir die aankoop van suurstofaanlegte by 55 openbare hospitale aan ‘n ongekwalifiseerde maatskappy toegeken het. Die departement se […]
# Die Wes-Kaapse Departement van Infrastruktuur sê hy het met ʼn reaksiestrategie begin om vloedskade in talle distriksmunisipaliteite te herstel en dit sluit meer as tien bouprojekte in. Een van hierdie projekte is die Sewe Passe-weg in die Tuinroete-distriksmunisipaliteit wat in November 2021 tydens storms weggespoel het. Die departement sê die huidige kosteberaming om vloedskade […]
# Die Tshwane onderburgemeester, Eugene Modise, sê hulle is dankbaar vir die Rand Water-stigting se verskaffing van vier lewensveranderende boorgatte in Langkloof, Sokhulumi, Sizanani en Rethabiseng. Die vennootskap fokus op die verbetering van toegang tot water, die bevordering van waterbewaring en waterinfrastruktuur in die metro. Modise sê Tshwane en die Rand Water-stigting het hulle verbintenis […]
# Die tegnologiereus, Huawei, het beurse van twee-miljoen-rand toegeken aan presterende IKT-studente aan die Tshwane Universiteit vir Tegnologie. Dis deel van ʼn samewerkingspoging tussen die universiteit en Huawei, wat topstudente ondersteun en TUT se teenwoordigheid in die digitale ruimte bevorder. Intussen het meer as ʼn duisend studente deur die TUT-Huawei ICT Academy reeds opleiding en sertifikate […]