# Die Vryheidsfront Plus het die Stad Tshwane se Departement van Omgewingsake versoek om die dam in die bekende Austin Roberts-voëlreservaat, wat met alge bedek is, skoon te maak. Anne-Marie Sparg van die party sê in die ander dam langs die Blue Crane Restaurant, het die grond oor die jare ingespoel en die watervlak verlaag. […]
# Die onderwysaktivis, Hendrick Makaneta, het owerhede geloof wat vinnig opgetree het teen sewe tieners wat na bewering ʼn ander meisie in Yeoville, Johannesburg, aangerand het. Die meisies tussen 13 en 14 is gearresteer ná ʼn video waarop ʼn groep ʼn 14-jarige leerder van Bedfordview High School aanrand, soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump sê Rusland en Oekraïne sal dadelik met vredessamesprekings begin om die oorlog te beëindig. Hy het gister ‘n twee-uurlange telefoonoproep met sy Russiese eweknie Vladimir Putin gevoer en die gesprek as uitstekend beskryf. Putin het gesê die telefoongesprek was betekenisvol en direk, maar hy voeg by sy land se […]
# Die GOOD-party sê hulle sal nie ‘n begroting ondersteun wat nie die Maatskaplike Verligtingshulptoelaag behou nie, en voeg by dat daar geen kompromie kan wees oor die staat se plig om die kwesbares te ondersteun nie. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, gaan môre die derde weergawe van die nasionale begroting in soveel maande […]
# Die DA sê dis onaanvaarbaar dat die polisie en Nasionale Vervolgingsgesag toelaat dat openbare druk die ondersoek na die beweerde verkragting van Cwecwe in die Oos-Kaap beïnvloed. Die NVG het besluit om niemand in verband met die beweerde verkragting van die sewejarige meisie te vervolg nie en sê daar was te min bewyse om […]
# Die leiers van Brittanje, Frankryk en Kanada dreig met daadwerklike stappe, insluitend geteikende sanksies, as Israel nie ophou met sy hernieude aanvalle in Gaza nie. Meer as 100 mense is die naweek in die nuwe grondoffensief dood. Die Isralse premier Benjamin Netanyahu het onderneem om beheer oor die hele Gaza te neem en om […]