# ActionSA in die Vrystaat eis dat die provinsiale regering onmiddellik die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit onder administrasie moet plaas. Die party sê Matjhabeng skuld Eskom en Bloem Water 5-miljard-rand elk, wat die munisipaliteit se vermoë belemmer om selfs net basiese dienste te lewer. Patricia Kopane van ActionSA sê daar is beslag gelê op sy voertuigvloot […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag het die moordaanklag teen Mduduzi Trevor Mnisi teruggetrek wat verdink is van die moord op die Johannesburgse tiener Likhona Fose. Dit volg omdat nuwe bewyse aandui dat hy nie die laaste persoon is wat saam met die 14-jarige meisie gesien is nie. Haar verminkte liggaam is in die veld naby haar […]
# Die MK-party sê burgers is moeg vir duur kommissies van ondersoek wat geen betekenisvolle uitkomste lewer nie en vertroue in die regering skend. Dit volg nadat die Madlanga-kommissie gestig is om bewerings te ondersoek wat die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi geopper het oor misdaad, politieke inmenging en korrupsie binne die polisie. MK se regsverteenwoordiger, […]
# Die Turkse onderneming Karpowership brei uit na drywende datasentrums om te voldoen aan die stygende kunsmatige intelligensie-gedrewe vraag. Die Kinetika-eenheid beoog om landelike bouvertragings te omseil deur die sentrums in skeepswerwe te bou. ‘n Aanvanklike projek van 73-megawatt saam met Mitsui OSK Lines van Japan is vir 2027 geskeduleer. Die onderneming sê as seewater […]
# Die taakspan vir politieke moorde in KwaZulu-Natal het nog twee mense in hegtenis geneem in verband met die moord op die DA-raadslid Nhlalayenza Ndlovu in 2023. Hulle is ‘n 56-jarige hoofman en die 26-jarige vermeende meesterbrein wat die aanval vanuit die tronk gekoördineer het. Ndlovu is doodgeskiet in sy huis in die omgewing van […]
# Die adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, sê Suid-Afrika herdenk vandag Wêrelddag teen Mensehandel met die tema Menseregte is Georganiseerde Misdaad – Beëindig die Uitbuiting. Die Departement van Justisie stel vandag ‘n plaaslike taakspan bekend om pogings teen mensehandel by toegangspoorte te versterk. Die Kaapstadse Internasionale Lughawe is gekies as die bekendstellingsperseel […]
# Een persoon is dood en 13 ander mense, waaronder kinders is Sondag beseer in ‘n ontploffing by ‘n sjebien in Jan Kempdorp. Lisa Schickerling van die DA sê die voorval beklemtoon die polisie se gebrek aan optrede om geweld by drankwinkels in die Noord-Kaap te bekamp. Schickerling sê die DA vereis ‘n misdaadvoorkomingstrategie vir […]
# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê oordrag-aansoeke vir 2026 se skooljaar kan van 4 tot 18 Augustus ingedien word. Woordvoerder Millicent Merton sê die proses is van toepassing op leerders van graad 2 tot 7 en 9 tot 12. Aansoeke kan aanlyn of by die verlangde skool of distrikskantoor ingedien word. Sy sê volledige inligting en […]