# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê ten spyte van president Donald Trump se dreigemente, sal BRICS-lande nie afgeskrik word nie en die resolusies instel waarop hulle by die beraad in Brasilië besluit het. Trump sê lande wat hulle vereenselwig met die teen-Amerika-beleide van die BRICS-groep, sal ʼn bykomende tarief van […]
# KwaZulu-Natal se LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, het die toekenning van 139-miljoen-rand vir rampverligting aan die provinsie se munisipaliteite verwelkom. Dis deel van die nasionale departement se rampverligtingstoelaag. Die LUR se woordvoerder, Senzelwe Mzila, sê die fondse sal munisipaliteite laat herlewe en in ʼn volhoubare herstelproses ondersteun:
# Die Vryheidsfront Plus in Ekurhuleni sê hy het gehelp om 14 Ethiopiese mans te red wat in ʼn huis in Birchleigh-Noord gevange gehou is. Dit volg nadat die party se raadslid in Kemptonpark, Jean Kriek, in kennis gestel is van mense in die huis wat om hulp roep. Hy het gaan ondersoek instel en […]
# Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, sal vandag die Nasionale Tesourie se begrotingspos in die Parlement ter tafel lê. Dit kom weke nadat die derde nasionale begroting in die Nasionale Vergadering aanvaar is ná die goedkeuring van die fiskale raamwerk. Die Tesourie sê die begroting sal onder meer die departement se prestasies, vordering en […]
# Sokker: Die verdedigende kampioene, Banyana Banyana, het die Afrikabeker-vrouetoernooi op ʼn goeie noot afgeskop met ʼn 2-0-oorwinning oor Ghana in Marokko. Linda Motlhalo het met ʼn strafskop geslaag voordat Jermaine Seoposenwe die tweede doel in die eerste helfte bygevoeg het. Die Suid-Afrikaners begin dus die toernooi met die maksimum punte. Banyana Banyana kom Vrydag […]
# Die dodetal na die verwoestende oorstromings wat sentraal-Texas getref het, het tot minstens 104 gestyg. In die Kerr-distrik is minstens 84 liggame gevind wat 56 volwassenes en 28 kinders insluit. Camp Mystic, ʼn somerkamp vir meisies, het bevestig 27 meisies en beraders het die naweek in die oorstromings gesterf. Tien jong meisies en een berader […]