# Die Department van Binnelandse Sake het nog vyf amptenare met onmiddellike effek afgedank vir oortredings wat bedrog en seksuele aanranding insluit. Die totale aantal afdankings tussen Julie 2024 en Julie 2025 beloop nou 38 werkers. Agt is tot stronkstraf gevonnis, terwyl 19 vervolging in die gesig staar. Die stap volg na verlede maand se […]
# Ekonomiese groei in Amerika het in die tweede kwartaal herstel nadat ontleders gewaarsku het oor veranderings in die vloei van handel oor president Donald Trump se tariewe. Die wêreld se grootste ekonomie het teen 3-persent gegroei in die tydperk tussen April tot Junie, wat ontleders se verwagtinge oortref het. Dit volg op negatiewe groei […]
# Die MK-party sê president Cyril Ramaphosa se reaksie op bewerings van politieke inmenging deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi weerspieël polities gedrewe optrede. Die party het in die Konstitusionele Hof aangevoer Ramaphosa se besluit om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof te plaas, toon dat hy politieke bondgenote beskerm. Die MK […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement stel nuwe maatreëls in om nosokomiese infeksies in openbare hospitale te bekamp. LUR Nomantu Nkomo-Ralehoko sê ‘n komitee vir die voorkoming en -beheer van infeksies handhaaf riglyne en monitor nakoming. Die departement se woordvoerder, Motalatale Modiba, sê ses onderpresterende hospitale het handhawingsbriewe ontvang. Hy voeg by ‘n nuwe toesigstelsel hou infeksie-neigings […]
# Krieket: Indië het volgens berigte onttrek aan môre se halfeindstryd teen Pakistan in die Wêreldkampioenskap vir Legendes. Dit volg nadat Indië vroeër in die groepsafdeling ook geweier het om teen sy buurland te speel weens die jongste vyandigheid tussen die twee aartsvyande. Indië se besluit beteken Pakistan dring deur na Saterdag se eindstryd op […]
# Die Stad Kaapstad sê onwettige hengel in die Rosendal- en die Sonstraaldam in Durbanville bedreig plaaslike natuurlewe en beskadig sensitiewe ekostelsels. Dit volg ná ontstellende voorvalle, insluitend ‘n kormorant wat gevrek het toe hy in ‘n vislyn verstrengel was. Mense gaan ondanks duidelike waarskuwingsborde en patrollies voort om onwettig vis te vang en ignoreer […]
# Die Gesondheids-ombud, Taole Mokoena, sê psigiatriese pasiënte by die Noord-Kaapse Geestesgesondheidshospitaal het weens uiterste koue gesterf weens kragonderbrekings. Mokoena, wat vandag sy verslag vrygestel het, het hipotermie, personeeltekorte, swak infrastruktuur en ’n gebrek aan noodtoerusting blameer. Die ondersoek volg na die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi se klagte. Die ombud het die omstandighede by […]
# ‘n Navoringsdokument van die Openbare Beleggingskorporasie sê beleidshervorming, innoverende finansiering, tegnologie-integrasie en kapasiteitsbou is noodsaaklik om die vertragings in die ontwikkeling van Afrika se infrastruktuur reg te stel. Die verslag bevind dat 80-persent van projekte doodloop voor konstruksie begin as gevolg van regulasies, befondsing, en institusionele hindernisse. Die OBK waarsku dat Afrika se jaarlikse […]