# President Cyril Ramaphosa se prokureur, Kate Hofmeyr, sê die MK-party-saak rakende die minister van Polisie, Senzo Mchunu, se spesiale verlof moes in die Hooggeregshof gewees het, nie die Konstitusionele Hof nie. Mchunu is op verlof geplaas ná die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi se bewerings van politieke inmenging. Hofmeyr het aan die hof gesê die […]
# Die Departement van Water en Sanitasie beloof streng optrede teen misdadige netwerke wat Suid-Afrika se waterinfrastruktuur saboteer. Adjunkminister David Mahlobo het tydens ‘n webinaar van die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie beklemtoon die watermafia vandaliseer belangrike stelsels en verkoop water teen opgeblaasde pryse, wat dienslewering en openbare gesondheid bedreig. Mahlobo het dringende samewerking tussen die regering, gemeenskappe […]
# Basketbal: Die Nartional Basketball Association sal van die wedstryde in sy 2025-26 seisoen in Londen en Berlyn speel. Die Memphis Grizzlies en die Orlando Magic speel teen mekaar op 15 Januarie in Berlyn, en drie dae later in Londen. Die uitvoerende hoof van NBA Europa, George Aivazoglou, sê die besluit om die wedstryde te […]
# Die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap, Themba Matlou, het ‘n beroep gedoen op uitvoerende beamptes en senior bestuurders in al nege provinsies om begunstigdes by te staan tydens die Augustus-betalingshersieningsiklus. Die inisiatief het ten doel om lang toue te verminder en naatlose toelaaghersienings te verseker. Matlou beklemtoon geen begunstigde moet weggewys word […]
# Krieket: Die 39-jarige voormalige Zimbabwiese kaptein, Brendan Taylor, kan dalk weer sy land verteenwoordig nadat hy ingesluit is in die groep vir die tweede toets teen Nieu-Seeland. Dit volg nadat hy ‘n skorsing van drie-en-‘n-half-jaar uitgedien het vir uitkomsweddenskappe tydens ‘n toer in Indië. Hy het verduidelik dat hy kokaïen gebruik het en toe […]
# Namibië se 2025 halfjaar-oorsig oor Groen Waterstof bevestig dat ‘n teoretiese meesterplan ter waarde van 29-miljoen-rand vir ‘n oorgrens waterstof-pyplyn met Suid-Afrika teen die middel van 2026 ontwikkel sal word. Die pyplyn verbind spilpunte in Lüderitz, Boegoebaai en Saldanhabaai met ‘n deurgang na Gauteng. Die projek, wat deur Climate Fund Managers, Gasunie in Nederland […]
# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, is bekommerd oor bevindinge in ‘n verslag deur die Gesondheids-ombud oor die Noord-Kaapse Geestesgesondheidshospitaal en die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal, nadat twee pasiënte dood is. Die verslag noem ‘n gebrek aan krag, swak infrastruktuur en personeeltekorte. Motsoaledi het aangekondig die Nasionale Hersieningskomitee oor Geestesgesondheid sal weer besoek aflê by […]
# Die United Africans Transformation-party versoek president Cyril Ramaphosa om ‘n spesiale ondersoekeenheid aan te stel om ondersoek in te stel oor bewerings van korrupsie en tenderongerymdhede by die munisipaliteit van Polokwane in Limpopo te ondersoek. Die party dring ook aan op ‘n onafhanklike ondersoek na ‘n 56-miljoen-rand tender wat aan ‘n Zimbabwiese sake-eienaar toegeken […]
# Die Stad Kaapstad moedig inwoners aan om teen Desember na e-rekenings oor te skakel, aangesien alle munisipale rekenings binnekort per e-pos en nie langer deur die pos gestuur sal word nie. Meer as 475-duisend inwoners het alreeds oorgeskakel. Die Burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Siseko Mbandezi, sê dit bespaar geld, verminder die gebruik van papier en […]