# Die DA sê die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, se voorstel dat die heroorweging van handelsverhoudinge met Amerika onafwendbaar is, is kommerwekkend. Suid-Afrika se handelspan wend ʼn laaste poging aan voor môre se sperdatum waarop tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere na dié land ingestel word. Toby Chance van die DA […]
# Die adjunkminister van Indiensneming en Arbeid, Judith Nemadzinga-Tshabalala, sê geopolitieke skeiding en toenemende handelspanning dreig om ekonomiese interafhanklikheid wat dekades lank gevorm is, te laat ontspoor. Sy het ʼn toespraak gelewer by die vierde G20-indiensnemingswerksgroep se vergadering in die Wes-Kaap. Sy sê ʼn skielike, groot tariefverhoging deur ʼn belangrike handelsvennoot soos Amerika is nadelig […]
# Die SAKP in KwaZulu-Natal sê ten spyte van ʼn beter verhouding met die ANC, bly hy by sy besluit om onafhanklik aan die plaaslike-regeringsverkiesings deel te neem. Die SAKP se provinsiale uitvoerende komitee het verlede jaar ontevredenheid uitgespreek met sy ANC-vennoot in die provinsie wat na bewering nie sy alliansievennote by besluitneming in ag […]
# Die EFF het die Wysigingswetsontwerp op Eskom-skuldverligting verwerp en sê die huidige skuldverligtingsbenadering gee voorkeur aan uitleners eerder as gewone Suid-Afrikaners. Die wetgewing wat gister in die Nasionale Raad van Provinsies aanvaar is, pas Eskom se skuldverligtingstoekenning vir die 2025/2026-boekjaar aan van 40-miljard-rand tot 80,2-miljard-rand. Dit stel ook ʼn verdere tien-miljard-rand-toekenning voor vir 2028/2029. […]
# Die Hamas-beheerde ministerie van Gesondheid sê nog sewe mense het aan hongersnood gesterf. Dit bring die sterftesyfer weens wanvoeding sedert Oktober 2023 op 154 te staan, waaronder 89 kinders. Israel is onder toenemende druk van die internasionale gemeenskap om sy blokkade te verbreek, hulp in Gaza toe te laat en die oorlog te beëindig. […]
# Die Nasionale Raad van Provinsies het die Toedelingswetsontwerp, ‘n belangrike deel van die nasionale begroting, goedgekeur. Die wetgewing beskryf die verdeling van regeringsfondse tussen departemente vir die 2025/2026-boekjaar. Altesaam 51 raadslede het ten gunste van die wetsontwerp gestem, nege daarteen, insluitend die EFF en die MK-party, en daar was niemand buite stemming nie. Intussen […]
# Rugby: Die hoofafrigter van die Springbokke, Rassie Erasmus sê geen van die Junior Springbokke wat Wêreldrugby se Onder-20-kampioenskap gewen het, sal vanjaar vir die senior Bokke speel nie. Hy het die Bababokke Bathobele Hlekani, Cheswill Jooste en Haashim Pead na die nasionale oefenkamp in Johannesburg genooi, maar sê hy het dit gedoen want sy […]
# Die DA het die aanhouding van die streeksekretaris van die ANC in Tshwane, George Matjila op aanklagting van aanranding verwelkom. Crezane Bosch van die DA sê die klagte spruit uit ‘n insident waarby ‘n ander ANC-lid betrokke was. Bosch het die gebrek aan optrede oor soortgelyke aanrandingsaantygings bevraagteken waarby ANC-woordvoerder, Joel Masilela en EFF-leier […]
# Die voormalige president, Jacob Zuma, se prokureur Dali Mpofu, sê Cyril Ramaphosa het ministers bevorder wat in die bevindinge van die Staatskapingkommissie geïmpliseer was. Die Konstitusionele Hof het uitspraak voorbehou in die MK-party se saak waarin Ramaphosa se besluit uitgedaag word om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof te plaas. Mpofu […]