# Cosatu vra die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om die terugkoopkoers vandag met ten minste 25 basispunte te verlaag. Die meeste ekonome voorspel ‘n verlaging as gevolg van inflasie wat bestendig bly. Cosatu se woordvoerder, Zanele Sabela, sê hoewel die inflasiekoers effens gestyg het, het die komitee steeds genoeg beweegruimte, veral omdat inflasie steeds […]
# Forbes se vyfde jaarlikse 50-bo-50-lys plaas die kollig op baanbreker-vroue wat weier om te aanvaar hul beste jare is verby. Vanjaar se lys is in vier breë kategorieë verdeel: invloed, vernuwing, belegging en leefstyl. Die lys sluit in die aktrise, Halle Berry, wat op vrouegesondheid fokus; die stigter van die Vroue Alzheimer-beweging, Maria Shriver; en […]
# Die EFF in Tshwane doen ‘n beroep vir die onmiddellike verwydering van alle individue wat onreëlmatig aangestel is deur prosesse wat blatant wetlike voorskrifte verontagsaam. Die party sê die aanstelling van sleutelseniorbestuurders, insluitend die stadsbestuurder, Johann Mettler, die finansiële hoof , die oudithoof en die polisiehoof, is uitgevoer deur ‘n paneel wat onwettig saamgestel […]
# Die GOOD-party in Johannesburg sê Woensdag se raadsvergadering het die groterwordende gaping tussen politieke beloftes en die werklikhede in die metro blootgelê. Matthew Cook van die party sê oorsigverslae dek talle aparte portefeuljes, maar die waarheid is dat die metro in ʼn sistemiese krisis is. Hy sê hulle vra onmiddellike optrede oor onderbesteding van […]
# ActionSA sê die regering van nasionale eenheid het misluk in sy pogings om die verslegtende verhouding met Amerika reg te stel. Die twee lande het steeds nie ‘n handelsooreenkoms bereik nie, terwyl president Donald Trump se tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere môre in werking tree. ActionSA se president, Herman Mashaba, sê die gevolge […]
# Tennis: Die Wimbledon-kampioen Iga Swiatek van Pole is deur na die derde ronde van die Kanadese Ope in Montreal toe sy die Chinese kwalifiseerder, Guo Hanyu, verslaan het. Die viermalige Grand Slam-kampioen, Naomi Osaka van Japan, het die Rus, Liudmila Samsonova, naelskraaps geklop. Die Letlander, Jelena Ostapenko, het met Renata Zarazua van Mexiko afgereken. […]
# Die Amerikaanse Departement van Finansies het sanksies ingestel teen ‘n regter van die Brasiliaanse Hooggeregshof, Alexandre de Moraes wat voorsit by die verhoor van Brasilië se voormalige regsgesinde president Jair Bolsonaro. Hy word aangekla van ‘n beweerde komplot vir die omverwerping van die regering ná hy die 2022 presidensiële verkiesing verloor het. Die Amerikaanse […]
# Cosatu sê die Nasionale Raad van Provinsies se goedkeuring van die 2025/2026 Toedelingswetsontwerp bring begrotingsekerheid vir die regering. Die wetgewing beskryf hoe regeringsfondse tussen verskeie departemente toegeken sal word. Cosatu se woordvoerder, Matthew Parks, sê hulle verwelkom die bykomende befondsing om te help om openbare dienste aan die voorste linie te herbou wat deur […]