# Die Gautengse provinsiale wetgewer sê hy bly gekant teen mensehandel en noem dit hedendaagse slawerny wat in stilte, in die donker en weens sistemiese verwaarlosing gedy. Die wetgewer, deur oorsig-meganismes en strategiese vennootskappe, versterk sy pogings om handelsnetwerke te ontbloot, te ontwrig en te vernietig. Die voorsitter van komitees, Dulton Adams, sê hulle hou […]
# Rugby: Australië se uitblinker-losvoorspeler, Rob Valetini, is weens ‘n kuitbesering nie beskikbaar vir Saterdag se derde en laaste toets teen die Britse en Ierse Leeus nie. Hy word deur Tom Hooper vervang. Taniela Tupou keer terug na die Wallabies se voorry in die plek van die beseerde Allan Alaalatoa. Die skrumskakel Nic White is […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag het die lewenslange tronkstraf verwelkom wat die Pretoria-Landdroshof ʼn 64-jarige pa van Mamelodi opgelê het wat sy dogter herhaaldelik verkrag het. Die misbruik het in 2010 begin toe die slagoffer nege jaar oud was en aangehou tot in 2020 toe sy 19 was. Dit het oor naweke en skoolvakansies gebeur wanneer […]
# Hernubare bronne sal na verwagting reeds vanjaar of teen 2026 steenkool verbysteek as die wêreld se grootste bron van elektrisiteit. Dit is volgens die Internasionale Energieagentskap se halfjaarlikse verslag vir 2025. Die vraag na elektrisiteit sal vanjaar met 3,3-persent styg en teen 2026 met 3,7-persent. Dis meer as twee keer so vinnig soos die […]
# Die Johannesburgse Metropolisie het op onwettige dwelms met ‘n geraamde straatwaarde van 279-duisend-500-rand beslag gelê tydens ‘n groot klopjag in Hillbrow. Die metropolisiedepartement se Taktiese Reaksie-eenheid het op ‘n wenk gereageer en ‘n bekende dwelmhuis bestorm en kokaïne en nyaope gekonfiskeer. Die departement se woordvoerder, Xolani Fihla, sê die intelligensie-geleide operasie het ‘n aansienlike […]
# Die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, gaan vandag saam met die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, slimleer-tablette aan leerders by die Glenvista Primary School in Johannesburg oorhandig. Dis deel van die regering se pogings om skoolkonnektiwiteit, digitale geletterdheid en toegang tot kodering- en robotika-onderwys te verbeter. Die woordvoerder van die […]
# Die DA in Gauteng vra ‘n ondersoek na twee maatskappye wat met adjunkpresident Paul Mashatile se seuns verbind word, en wat 36,4-miljoen-rand betaal is vir brandbestryding- en opsporingstelsels by die Tembisa-hospitaal. Ngwato and Manzi Group en Modipadi Nokaneng word gekoppel aan Thabiso Mashatile en Tinyiko Mvelase. Jack Bloom van die DA sê dit is […]