# Die Stad Kaapstad se eerste gevorderde waterherwinningsaanleg het erkenning ontvang by die toonaangewende 13de jaarlikse Architizer A+Awards. Dis aangewys as Jurie-wenner in die kategorie vir Fabrieke en Pakhuise. Die Kaapse Vlakte Gevorderde Waterherwinningsaanleg is uit meer as vyf-duisend inskrywings uit 80 lande aangewys as een van die wêreld se bes-ontwerpte geboue in sy kategorie. […]
# Die GOOD-party sê die Wes-Kaapse regering het meer as 562-miljoen-rand aan kantoorruimte vir die provinsiale Onderwysdepartement bestee, hoewel hy geen vaste hoofkwartier het nie. Die Dorpstraat-kantoorontwikkeling is oorspronklik in 2010 as deel van Kaapstad se Sentrale Stadshernuwingsprogram voorgestel en was veronderstel om die departement se kantore te word in ‘n openbare-private vennootskap. GOOD se […]
# Eskom sê hy gaan voort om onwettige verbindings te verwyder as deel van sy pogings om infrastruktuur te beskerm en betroubare elektrisiteit te voorsien. Die kragverskaffer se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê in sekere gebiede sien hulle ʼn toename in transformators wat veral saans weens oorlading uitskakel. Sy sê dis hoofsaaklik weens meters wat omseil […]
# Die DA sê hy ondersteun die oproep vir ‘n onafhanklike kommissie van ondersoek en leefstyloudits vir alle senior SAPD-amptenare. Dit volg op verdoemende bewerings deur die polisiekommissaris van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, teen onder andere die minister van polisie, Senzo Mchunu. Hy beskuldig Mchunu van politieke inmenging in die ontbinding van die taakspan vir politieke […]
# Die Amerikaanse Departement van Justisie en die FBI sê hulle kon geen bewyse vind dat die finansier en seksoortreder, Jeffrey Epstein, ʼn lys met hoëprofielklante gehad het nie. Die departement sê hulle kon ook geen bewyse vind dat Epstein vermoor is nie, maar dat hy wel in 2019 in ʼn New Yorkse tronk selfdood […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-een Jannik Sinner van Italië is deur na die kwarteindronde by Wimbledon nadat die Bulgaar, Grigor Dimitrov, weens ʼn besering moes onttrek terwyl hy met 6-3, 7-5, 2-2 voorgeloop het. Die Serwiër, Novak Djokovic, het die Australiër, Alex de Minaur, naelskraaps geklop om sy 16de Wimbledon-kwarteindronde te bereik. Die Amerikaner Ben Shelton […]
# Die EFF het die vonnisoplegging verwelkom van die moordenaar van ‘n gewese sekretaris-generaal van ANC-jeugliga, Sindiso Magaqa, in 2017. Die Pietermaritzburg-landdroshof het Sibusiso Ncengwa Maandag tot 25 jaar tronkstraf gevonnis. Magaqa is in Umzimkhulu in KwaZulu-Natal doodgeskiet. Twee raadslede wat by hom was, het oorleef. Drie beskuldigdes wat saam met Ncengwa aangekla is, is […]