# Die Wes-Kaapse LUR vir Infrastruktuur, Tertuis Simmers, het huise oorhandig in Eendekuil in die Bergrivier-munisipaliteit – lank voor die geskeduleerde voltooiingsdatum. Die projek van elf-miljoen-rand wat in September voltooi moes wees, het 45 Breaking New Ground-eenhede gelewer. Simmers sê die projek is deel van die behuisingsprojekte in Piketberg en Porterville wat voortgaan en na […]
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, sê die stad het in 2024/25 9,5-miljard-rand suksesvol in infrastruktuur belê, wat ʼn rekord vir ʼn Suid-Afrikaanse metro is. Die metro het 92,3-persent van sy kapitaal-begroting bestee, maar Veiligheid en Sekerheid is die toppresteerder met 99,7-persent. Hill-Lewis sê hulle bou Kaapstad tot ʼn stad van hoop met ʼn groeiende […]
# Die Verenigde Nasies se Kinderfonds, UNICEF, sê humanitêre toestande in Gaza bly ʼn katastrofe, met kinders wat honger ly, oorwerkte hulpwerkers en skaars brandstof- en watervoorraad. ‘n Half-miljoen mense, byna ʼn kwart van die bevolking, beleef toestande soortgelyk aan hongersnood terwyl die res ook swaarkry. Die Israelse Weermag het glo sedert laat in Mei […]
# Kaapse Forum en die Internasionale Landbou-akademie vir Afrika het kragte saamgesnoer om leerders aan landbouskole in die Wes-Kaap te help om ‘n loopbaan in landbou te ontsluit. Dit is deel van i3A se skoolprogram. Bernard Pieters van Kaapse Forum sê die vennootskap sal dit vir leerders moontlik maak om van graad 10 af hul […]
# Die Gautengse provinsiale wetgewer sê hy bly gekant teen mensehandel en noem dit hedendaagse slawerny wat in stilte, in die donker en weens sistemiese verwaarlosing gedy. Die wetgewer, deur oorsig-meganismes en strategiese vennootskappe, versterk sy pogings om handelsnetwerke te ontbloot, te ontwrig en te vernietig. Die voorsitter van komitees, Dulton Adams, sê hulle hou […]
# Rugby: Australië se uitblinker-losvoorspeler, Rob Valetini, is weens ‘n kuitbesering nie beskikbaar vir Saterdag se derde en laaste toets teen die Britse en Ierse Leeus nie. Hy word deur Tom Hooper vervang. Taniela Tupou keer terug na die Wallabies se voorry in die plek van die beseerde Allan Alaalatoa. Die skrumskakel Nic White is […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag het die lewenslange tronkstraf verwelkom wat die Pretoria-Landdroshof ʼn 64-jarige pa van Mamelodi opgelê het wat sy dogter herhaaldelik verkrag het. Die misbruik het in 2010 begin toe die slagoffer nege jaar oud was en aangehou tot in 2020 toe sy 19 was. Dit het oor naweke en skoolvakansies gebeur wanneer […]