# Rugby: Die Haaie het Jaco Williams, Simphiwe Ngobese, Matt Romao en Simphiwe ‘Vusi’ Moyo ingesluit in hulle span vir Saterdag se Curriebekerwedstryd teen die Bulle na hulle welslae vir die Junior Springbokke. Williams begin as vleuel terwyl die ander drie op die bank is. Die ervare slot Corné Rahl en flank Tino Mavesere is […]
# ‘n Australiese kinderversorger is aangekla van die verfilming van kindermishandeling in Sydney. David James word daarvan beskuldig dat hy uitlokkende beelde of video’s van tien kinders by ses nasorgsentrums geskep het. Australië se kinderversorgingsektor is onlangs geskud deur ‘n aantal hoëprofielgevalle. Vroeër die maand is bykans twee-duisend kinders in Victoria gevra om toetse vir […]
# Rugby: Die Wallabie-skrumskakel Nic White gaan uittree na die laaste toets teen die Britse en Ierse Leeus. Die 35-jarige het sedert 2013 72 toetse gespeel en 46 punte aangeteken. White sê hy het as jong seun daarvan gedroom om die goue trui oor sy kop te trek en is ongelooflik trots op wat hy […]
# Duitsland se minister van Buitelandse Sake, Johann Wadephul, sê Israel word toenemend op diplomatieke gebied geïsoleer oor die humanitêre krisis in Gaza. Hy het voor sy vertrek na Israel gesê die Verenigde Nasies se onlangse konferensie oor ‘n tweestaat-oplossing vir die Israels-Palestynse konflik het getoon Israel bevind homself toenemend in die minderheid. Duitsland is […]
# Die nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, het die uitgaande waarnemende adjunkhoofregter, Mbuyiseli Madlanga, geprys vir sy uitstekende regsloopbaan en toewyding aan geregtigheid. Batohi het hom ook gelukgewens met sy laaste uitspraak in die ‘Please Call Me’-saak en verwelkom sy nuwe rol as voorsitter van die Madlanga-kommissie. Sy het die behoefte aan billike […]
# Die minister van Handel en Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, sê Suid-Afrika sal voortgaan om inklusiewe ekonomiese beleide na te streef ondanks onsekerheid oor dreigende Amerikaanse tariewe. Die sperdatum is môre en die regering wag steeds op reaksie van Washington oor die voorstel om die tariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere af te weer. […]
# Die Afrika-kontinentale Vryhandelsgebied kan help om handel uit te brei en ontluikende ekonomieë teen globale onsekerheid te beskerm. Die streeks-koördinerings- en programdirekteur, Tsotetsi Makong, het op die Handel- en Nywerheidsbeleid-strategieforum verwys na die 3,6-miljard-rand se verlies wat Lesotho as gevolg van die Amerikaanse invoertariewe van 50-persent gely het. Hy het Afrika-lande aangemoedig om handel deur […]
# Tennis: Die Griekse speler Stefanos Tsitsipas se pa, Apostolos, is terug as sy afrigter nadat hy sy kortstondinge vennootskap met die voormalige wêreld-nommer-twee, Goran Ivanisevic van Kroasië, beeïndig het. Die 26-jarige Tsitsipas het in Augustus 2021 sy hoogste wêreldranglys-posisie van derde bereik, maar sedertdien teruggesak na 30ste. Hy het sy pa verlede jaar afgedank. […]