# Die MK-party verwerp die Konstitusionele Hof se besluit om hom regstreekse toegang te weier in sy aansoek om die aanstelling van ‘n Wits-professor, Firoz Cachalia, as waarnemende minister van Polisie en die spesiale verlof van die minister van Polisie, Senzo Mchunu, uit te daag. Die party beskryf die uitkoms as ‘n bespotting van geregtigheid […]
# Hoofregter Mandisa Maya het hulde gebring aan die waarnemende adjunkhoofregter Mbuyiseli Madlanga, wat vandag, ná 17 jaar aftree. Maya het tydens ‘n spesiale sitting in die Konstitusionele Hof Madlanga se intellektuele bekwaamheid, nederigheid en sy impak op die regslandskap in Suid-Afrika geprys. Sy beklemtoon Madlanga se toewyding aan transformasie en geregtigheid en beskryf hom […]
# ‘n Bietjie goeie nuus vir Suid-Afrikaners met skuld. Die Reserwebank se monetêre beleidskomitee het die terugkoopkoers met 25 basispunte verlaag. Dit beteken banke se prima-uitleenkoers verlaag môre tot 10,5-persent.
# Die DA-woordvoerder oor Finansies, Mark Burke, sê die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau het slegs ure om ‘n handelsooreenkoms met Amerika te sluit voordat tariewe van 30-persent in werking tree. Burke beskuldig Tau daarvan dat hy aansporings voorstel wat met belastingbetalersgeld befonds sal word, in stede daarvan om kritieke ooreenkomste te […]
# Swem: Suid-Afrika se wêreldkampioen, Pieter Coetzé, het nog ‘n Afrika-rekord verbeter toe hy die vinnigste tyd opgestel het in die halfeindronde van die 200-meter-rugslag op die Wêreld-watersport-kampioenskap in Singapoer. Hy het vroeër die week die goue medalje in die 100-meter-rugslag gewen, ook in ‘n Afrika-rekordtyd. Kaylene Corbett het met ‘n kragtige poging vierde gekom […]
# Die Konstitusionele Hof het oud-president Jacob Zuma en die MK-party regstreekse toegang geweier om president Cyril Ramaphosa se besluit uit te daag om die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof te plaas. Die party en sy leier wou ook hê dat die hof die aanstelling van ‘n professor van Wits, Firoz Cachalia, […]
# Action Society vra vir strenger kinderbeskermingswette na ‘n ontstellende video waarin ‘n seuntjie ‘n dwelmpyp vir sy ma aansteek en hy aangemoedig word om dit ook te rook. Die kleuter is sedertdien in ‘n plek van veiligheid nadat die video op sposiale media verontwaardiging in die Newclare-gemeenskap in Johannesburg ontketen het. Dit het gelei […]
# Twee verdagtes is in Soshanguve in hegtenis geneem tydens Operation Cyclone-Two. Die polisie het beslag gelê op 42 groen ID-boekies, ses slim ID-kaarte en verskeie vervalste dokumente en elektronika. Die intelligensie-geleide operasie het verder paspoorte, SIM-kaarte, Umalusi-sertifikate en drukkers ontdek. Die polisiewoordvoerder, Amanda van Wyk sê deel van ‘n misdaadsindikaat wat betrokke was by […]