# Gholf: Daniel van Tonder is bevestig as die eerste Suid-Afrikaanse deelnemer aan vanjaar se Nedbank-uitdaagtoernooi wat vroeg in Desember by Sun City in Noordwes plaasvind. Dit sal slegs sy tweede verskyning wees nadat hy sy buiging in 2014 gemaak het toe hy 29ste geeïndig het. Van Tonder het egter in 2021 die Suid-Afrikaanse Ope […]
# Cosatu in die Wes-Kaap sê die vier-persent verhoging in die prys van buskaartjies deur Golden Arrow-Busdiens sal werkers en die armes die meeste raak. Die vakbondfederasie voer aan die verhoging wat op 11 Augustus in werking tree, sal lae-inkomste werkers die swaarste tref, met baie pendelaars wat al reeds 40-persent van hulle lone op […]
# Die Nasionale Dobbelraad se hoof- strategiese raadgewer, Caroline Kongwa, het bedank nadat ‘n forensiese oudit prestasiebonusse en internasionale reise as onreëlmatige uitgawes uitgelig het. Ground Up sê Kongwa het verlede jaar 3,4-miljoen-rand verdien en het vroeër hierdie maand bedank. Die organisasie is reeds elf jaar sonder ‘n raad, wat kommer oor swak bestuur onder […]
# Die minister van Toerisme, Patricia de Lille, en adjunkminister Maggie Sotyu gaan ‘n gemeenskapsgeleentheid in die Nkangala-distrik van Mpumalanga aanbied. Besprekings sal fokus op G20-toerismeprioriteit gemik op toerismebefondsing en -belegging teneinde gelykheid te verbeter en volhoubare ontwikkeling te bevorder. Beleggingsgeleenthede sal ondersoek word om toerismegebiede te bewaar, volhoubare groei te stimuleer en ekonomiese en […]
# Die organisasie teen belastingmisbruik, OUTA, sê ‘n uitspraak van die Hoogeregshof in Pretoria om die Turkse maatskappy Karpowership se opwekkingslisensie om te keer, beteken die omstrede energie-ooreenkomste is nou amptelik dood en sal nie elektrisiteitpryse beïnvloed nie. Die lisensies wat deur die energie-reguleerder toegeken is, was deel van ‘n beplande ooreenkoms van 200-miljard-rand oor […]
# Die Departement van Gesondheid wil vandag in Pretoria tydens Wêreldborsvoedingsweek bewustheid skep oor die lewenslange voordele van borsvoeding. Die veldtog het ten doel om die dalende borsvoedingsyfers in die land, van 32-persent in 2016 tot 22-persent in 2024, om te keer. Die fokus sal wees op die vestiging van ondersteuningstrukture om babas se gesondheid, […]
# Rugby: Die Cheetahs en die Pumas skop vanaand die tweede naweek van die Curriebeker-Premierliga in Bloemfontein af. Môre reis Westelike Provinsie na Johannesburg om op Ellispark teen die Leeus te speel, terwyl die Bulle en die Haaie mekaar op Loftus pak. Sondag speel die Griekwas en die Boland Kavaliers in Kimberley. Die Leeus is […]
# Rugby: Baie is steeds op die spel in môre se laaste toets tussen die Wallabies en die Britse en Ierse Leeus in Sydney al het die besoekers reeds die reeks beklink. Die Wallabies wil hul eer herwin nadat hulle in die tweede toets in Melbourne ‘n voorsprong van 23-5 verbeur het. Die besoekers probeer […]
# Die minister in die Presidensie vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, sal vandag ‘n dialoog oor vroue in die handelswêreld aanbied tydens die amptelike bekendstelling van Vrouemaand by die Sandton-konferensiesentrum. Die geleentheid, met die tema ‘Bou Veerkragtige Ekonomieë vir Almal’, sal informele ekonomiese ondersteuning, groen energie en belegging in sleutelsektore […]