# Build One South Africa verwelkom die besluit van die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om die terugkoopkoers met 25 basispunte tot sewe-persent te verlaag. Die prima uitleenkoers is tot 10,5-persent verlaag. BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê dit bring verligting vir miljoene landsburgers wat gebuk gaan onder die hoë koste van skuld, stygende kostes, […]
# President Cyril Ramaphosa het Gauteng se regterpresident, Dunstan Mlambo, as adjunkhoofregter aangestel. Die amp is sedert September 2024 vakant toe Mandisa Maya as hoof van die regbank oorgeneem het. Die Regterlike Dienskommissie het Mlambo verlede maand vir die pos aanbeveel nadat onderhoude met drie regters gevoer is. Ramaphosa se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die […]
# President Donald Trump sê die vinnigste manier om die humanitêre krisis in Gaza te beëindig, is dat Hamas oorgee en die gyselaars vrylaat. Dit volg te midde van toenemende internasionale kommer oor berigte van ‘n massahongersnood en verslegtende omstandighede in die gebied. Drie-en-sestig wanvoeding-verwante sterftes is in Julie in Gaza aangemeld. Intussen het die […]
# Die DA het die skuldigbevinding van adjunkpresident Paul Mashatile deur die Parlementêre Gesamentlike Etiekkomitee verwelkom. Die komitee het beslis die Nasionale Vergadering moet Mashatile berispe en ‘n boete van tienduisend-rand oplê. Dit is vir sy versuim om ‘n diamantgeskenk aan sy vrou in sy finansiële en registreerbare belangeregister te verklaar. Die geskenk was van […]
# Die huisleningsonderneming BetterBond verwelkom die Reserwebank se besluit om die terugkoopkoers met 25 basispunte tot sewe-persent te verlaag, wat die prima uitleenkoers op 10,5-persent te staan bring, die laagste sedert 2022. Die nasionale hoof van verkope, Bradd Bendall, sê die skuif bied verligting vir huiseienaars. Hy het aangekondig verbandaansoeke het in die afgelope jaar […]
# Rugby: Cameron Dawson dra die nommer een-trui wanneer hy vanaand in Bloemfontein in sy vyftigste wedstryd vir die Cheetahs uitdraf. Die Vrystaters speel in die Curriebeker teen die Pumas. Vernon Paulo begin op haker en Pierre Raymond Uys kom in a slot. Sasko Ndlovu maak sy buiging op linkerflank. In die agterlyn begin Smiley […]
# President Cyril Ramaphosa sal vandag die aangewese minister Firoz Cachalia inhuldig as die waarnemende minister van Polisie. Cachalia se aanstelling volg nadat die minister van Polisie, Senzo Mchunu, op spesiale verlof geplaas is te midde van die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nthanhla Mkhwanazi, se bewerings oor politieke inmenging. Die Madlanga-kommissie, onder die voorsitterskap van die afgetrede […]
# Die regering verwelkom die besluit van die Suid-Afrikaanse Reserwebank om die terugkoopkoers met 25 basispunte tot sewe-persent te verminder. Hy sê dit sal die druk op sukkelende huishoudings verminder. Dit word verwag dat die rentekoersverlaging leningskoste sal verlaag, beleggings sal stimuleer en ondernemings ondersteun. Die regeringswoordvoerder Nomonde Mnukwa, sê die besluit ondersteun pogings om […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sê hy verkies dat inflasie op drie-persent bly, minder as die huidige teiken van drie- tot ses-persent. Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê laer inflasie kan laer terugkoopkoerse beteken, met modelle wat toon koerse sal mettertyd onder ses-persent daal. Kganyago beklemtoon die skuif is daarop gemik om verwagtinge te […]