# Die Vereniging van Staatsamptenare het die regering van Mpumalanga se misbruik van 39,5-miljoen-rand in gevalle van onregverdige afdankings, veroordeel. Die Department van Landbou het miljoene bestee op mislukte regstappe, terwyl hy beslissings van die Arbeidshof ignoreer en dienslewering ondermyn. Phumzile Zulu van die vakbond sê hy dring aan op onafhanklike ondersoeke in alle onregverdige […]
# Die Padverkeersoortredingsagentskap sal vanaf 1 Desember begin met die inwerkingstelling van die langverwagte strafpuntestelsel, met die aanvanklike inwerkingtreding by 69 munisipaliteite. Die woordvoerder, Monde Mkalipi, het aan Newzroom Afrika gesê ‘n verdere 144 munisipaliteite sal vanaf 1 April 2026 volg. Die stelsel teiken ernstige padoortredings wat met hoë padsterftes verband hou. Hy beklemtoon herhaalde […]
# ‘n Akademikus van MANCOSA sê ‘n skerp kollig moet geplaas word op vroue entrepreneurskap, een van die land se mees belangrike ekonomiese kragbronne. Adri van der Merwe van MANCOSA sê die kredietgaping ten opsigte van geslag, duur voort, hoofsaaklik as gevolg van strukturele vooroordele in tradisionele finansiële instellings en die tekort aan kollateraal. Sy […]
# Die Federasie vir ‘n Volhoubare Omgewing vra ‘n gespesialiseerde speureenheid om onwettige mynbou aan te pak, nadat meer as 500 onwettige mynwerkers in hegtenis geneem is by die Sheba-goudmyn in Barberton in Mpumalanga. Die uitvoerende hoof, Mariette Liefferink, sê om slegs ‘n beleid te hê, is nie genoeg nie en Suid-Afrika benodig beter afdwinging […]
# The Congress of the People belê hierdie naweek sy nasionale komiteevergadering in Boksburg, Gauteng. Die vergadering sluit al die verkose leiers, twee provinsiale verteenwoordigers per provinsie en verteenwoordigers van party-afdelings in. Die waarnemende voorsitter van COPE, Pakes Dikgetsi, sê aangesien die vergadering die hoogste besluitnemingsowerheid tussen kongresse is, sal die agenda fokus op pogings […]
# Tshwane ondersoek ‘n kragonderbreking in die Pretoria-middestad, insluitend die Stad Tshwane se Munisipale hoofkwartier, Tshwane Huis. Die stad se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê ‘n beraamde hersteltyd sal ná die ondersoek bekend gemaak word:
# Die Universitas Akademiese Hospitaal in Bloemfontein in die Vrystaat, is tans die eerste plek buite Amerika om ‘n Bestralingbeplanningsassistent te gebruik. Dit is ‘n webgebaseerde kunsmatige intelligensieplatform wat ontwikkel is by die Unversitiet van Texas se MD Anderson-kankersentrum. Die stelsel word gebruik vir die beplanning van radioterapiebehandeling en verbeter spoed en akkuraatheid. Die Universiteit […]