# Tennis: Derde gekeurde Lorenzo Musetti van Italië is by die Kanadese Ope uitgeskakel na ʼn nederlaag in die derde ronde teen die Amerikaner, Alex Michelsen. Die agtste gekeurde Noorweër, Casper Ruud, het die vierde ronde gehaal nadat hy Nuno Borges van Portugal verslaan het. Hy kom nou teen die Rus, Karen Khachanov, te staan wat […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 01 Augustus 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die regering het skynbaar aanvaar die VSA se tarief van 30-persent is ‘n voldwonge feit en het begin om noodmaatreëls in te stel om die uitwerking teen te werk. Die koerant skryf die regering vrees die tarief gaan beleggings […]
# AfriForum sê die Hooggeregshof in Pretoria se uitspraak oor Tshwane se nuwe skoonmaakheffing is ʼn groot oorwinning vir inwoners. Die hof het die verpligte maandelikse heffing van 194-rand-37-sent, wat byna 260-duisend huishoudings en sakeondernemings sou raak, as onregmatig en ongeldig verklaar. Arno Roodt van AfriForum sê die heffing was bloot ʼn fondsinsameling-slenter om jare […]
# Die GOOD-party sê die besluit van die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om die uitleenkoers met 25 basispunte te verlaag, bring welkome maar effense verligting vir verbruikers met skuld. Handelsbanke se prima uitleenkoers daal tot 10,5-persent. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê die land bly vasgevang in ʼn trae ekonomie met voortslepende werkloosheid en […]
# President Donald Trump van Amerika het ʼn uitvoerende bevel onderteken wat tariewe vir meer as 60 lande aanpas terwyl die nuwe tariewe op ingevoerde goedere vandag van krag word. Dit is so hoog as 41-persent vir Sirië en 40-persent vir Laos en Mianmar. Kanada se tarief styg van 25- tot 35-persent. Suid-Afrika se tarief […]
# Die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir Menseregte het Angolese owerhede gevra om ʼn deeglike en onafhanklike ondersoek in te stel na sterftes en berigte van buitengewone geweld tydens betogings oor brandstofpryse. Minstens 22 mense is dood, 200 beseer en meer as ʼn duisend word aangehou ná betogings oor ʼn styging in brandstofpryse. Die VN […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het die Stad Tshwane se nuwe skoonmaakheffing onregmatig en ongeldig verklaar en ter syde gestel. Die maandelikse heffing van 194-rand-37-sent was gemik op omheinde gemeenskappe en winkelsentrums wat nie bestaande skoonmaakrekeninge het nie, maar privaat skoonmaakdienste gebruik. AfriForum het die hof genader om die heffing, wat byna 260-duisend huishoudings en […]