# Die Stad Tshwane se burgemeesterskomiteelid vir Gemeenskapsveiligheid en Maatskaplike Ontwikkeling, Palesa Modise, sê lotingsessies vir die Uitgebreide Openbarewerkeprogram sal voortgaan. Die eerste sessie is twee maande gelede gehou. Die tweede sessie vind vandag plaas en die derde op die 28ste van hierdie maand. Modise se woordvoerder, Sthembiso Skosana, sê die sessies is deel van […]
# Eskom verwelkom die versnelde hervorming in die energiemark met die opening van die kwalifiseringstender om Onafhanklike Transmissie-projekte te bekom. Dit beoog om die land se transmissie-infrastruktuur uit te brei met die teiken van 14-duisend-kilometer se nuwe transmissielyne teen 2032. Die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika sal na verwagting die projek van 440-miljard-rand lei. Dan Marokane […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, veroordeel die moord op die aanklaer, Tracy Brown, wat verbonde was aan die New Brighton-landdroshof in Gqeberha, in die Oos-Kaap. Sy is gistermiddag buite haar huis doodgeskiet. Die motief is onbekend en niemand is nog in hegtenis geneem nie. Die ministerie se woordvoerder, Terrence Manase, […]
# Die DA verwelkom die Hooggeregshof in Pretoria se tersydestelling van die Stad Tshwane se skoonmaakheffing wat onregmatig en ongeldig verklaar is. AfriForum het ʼn dringende aansoek gebring teen die metro se besluit om die nuwe verpligte maandelikse heffing van 194-rand-37-sent, wat byna 260-duisend huishoudings en sakeondernemings sou raak, in te stel. Jacqui Uys van […]
# KwaZulu-Natal se premier, Thamsanqa Ntuli, het die taakspan oor politieke moorde en die polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, geloof vir hul volgehoue pogings om misdaad te bekamp en gemeenskappe veilig te hou. Dit volg na ʼn reeks inhegtenisnemings in die moordsake van die ANC-jeugliga se sekretaris-generaal, Sindiso Magaqa, DA-raadslid Nhlayenza Mdlovu, en KwaDukuza se munisipale beampte, […]
# Motorsport: Die viermalige heersende wêreldkampioen, Max Verstappen, het bevestig hy bly by Red Bull vir die 2026 Formule Een-seisoen. Die 27-jarige Nederlander is tot 2028 onder kontrak by Red Bull, maar daar was sprake van ‘n moontlike skuif na Mercedes volgende jaar. Verstappen het voor die naweek se Hongaarse Grand Prix gesê dit was […]