# Solidariteit sê ʼn handelsooreenkoms tussen Suid-Afrika en Amerika is steeds moontlik, ondanks die tarief van 30-persent-tarief wat van vandag geld op Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika. Die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging het ʼn stel maatreëls aangekondig na aanleiding van die tariefverhoging, onder meer ʼn uitvoerondersteuningskantoor. Jaco Kleynhans van Solidariteit sê hulle sal vandag […]
# Die DA sê die instel van die heffing van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere na Amerika is ‘n vernietigende vooruitsig. President Donald Trump het gister ‘n uitvoerende bevel onderteken waarin invoertariewe van meer as 60 lande aangepas is. Kanada s’n is verhoog van 25- tot 35-persent. Toby Chance van die DA sê die Departemente van […]
# Kaapstad se metropolisie het gister in verskillende dwelmklopjagte ses verdagtes in hegtenis geneem en op smokkelware met ‘n beraamde straatwaarde van 186-duisend-rand beslag gelê. Die metropolisie se woordvoerder, Ruth Solomons, sê ‘n wenk oor vuurwapens en dwelmmiddels wat vervoer word, het beamptes gelei na die plek waar hulle op sowat ses-duisend Mandraxtablette beslag gelê […]
# Amerika se gewese visepresident, Kamala Harris, het ‘n boek geskryf met die titel, 107 Days. Dit gee ʼn kykie agter die skerms van haar ervaring tydens die kortste presidentsveldtog in moderne geskiedenis. Die boek handel oor haar veldtog vandat oudpresident Joe Biden aan die wedloop onttrek het tot president Donald Trump se oorwinning in […]
# Die Johannesburgse metropolisie het gister drie verdagtes aangekeer wat met die kraginfrastruktuur in Lenasia gepeuter het. Die metropolisiedepartement se woordvoerder, Xolani Fihla, sê beamptes het by Tugela-rylaan in Lenasia Uitbreiding 9 aangekom en die verdagtes op heter daad betrap terwyl hulle besig was om onwettige elektrisiteitsverbingings aan ‘n kragboks te koppel. Fihla sê die […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee se besluit om die rentekoers met nog 25 basispunte te verlaag, is die regte besluit gegewe die lae inflasie en trae groei in die bruto binnelandse produk. Dit is die mening van ‘n ekonoom van die Noordwes-universiteit se Sakeskool, professor Raymond Parsons. Hy sê die laer leenkoste is […]
# Die Universiteit van die Witwatersrand sê die Rhisotope-projek is amptelik in bedryf wat renosters doeltreffend deur kerntegnologie sal beskerm. Die projek wil onwettige handel in renosterhoring bekamp deur laevlak-radioaktiewe isotope in die horing te plant. Die Rhisotope-projek se uitvoerende hoof, Jessica Babich, sê hierdie radio-isotope kan opgespoor word deur toerusting by landsgrense reg oor […]