# Die vakbond GIWUSA verwelkom die besluit van die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om rentekoerse met 25-basispunte te verlaag. Die terugkoopkoers is die koers waarteen die sentrale bank geld aan kommersiële banke leen en dit staan tans op sewe-persent, met die prima uitleenkoers wat verlaag is tot 10,5-persent. GIWUSA se president, Mametlwe Sebei, sê […]
# Krieket: Suid-Afrika speel môre teen Pakistan in die eindstryd van die Wêreldkampioenskap vir Legendes op Edgbaston in Engeland nadat hulle Australië met ‘n enkele lopie verslaan het. Die span het ‘n mededingende 186 vir ses aangeteken danksy Morné van Wyk se 76 en Jon-Jon Smuts se 57. Die voormalige Protea-kaptein, AB de Villiers, het […]
# President Cyril Ramaphosa sê intense onderhandelings is aan die gang met Amerika terwyl lande steeds vir president Donald Trump se besluit oor tariewe wag. Ramaphosa het in die Uniegebou gesê Suid-Afrika het ‘n pakket voorgelê wat vra vir vrystellings vir belangrike uitvoerprodukte soos voertuie, staal, aluminium en sitrus, terwyl dit wedersydse belegging aanmoedig. Hy […]
# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling verwelkom die aanstelling van regter Dunstan Mlambo as adjunkhoofregter. Dit volg op aanbevelings van die Regterlike Dienskommissie verlede maand. Mlambo dien sedert November 2012 as die Gautengse regter-president. Die komitee se voorsitter, Xola Nqola, sê Mlambo bied ‘n magdom ervaring en ‘n uitgelese rekord op […]
# Professor Firoz Cachalia is amptelik ingehuldig as waarnemende minister van Polisie in die Uniegebou in Pretoria. Cachalia neem oor by Senzo Mchunu, wat op spesiale verlof is na aanleiding van die KwaZulu-Natalse polisie-kommissaris, Nhlanhla Mkwanazi, se bewerings van korrupsie. Die Konstitusionele Hof het gister die MK-party se aansoek teen president Cyril Ramaphosa se reg […]
# SANParke sluit vandag by die res van die wêreld aan om Mariene Bewaringsgebiede-dag te vier met die tema, Oseaanbeskerming het menslike kontak nodig. Die dag gee erkenning aan die belangrike rol wat mariene bewaringsgebiede speel in die bewaring van mariene verskeidenheid, beskerming van visserye, bekamping van klimaatsverandering en ondersteuning van kusgemeenskappe. Suid-Afrika se oudste […]