# Business Leadership South Africa sê verlede week het vooruitgang gebring vir klein sakeondernemings, maar ook terugslae. Die minister van Indiensneming en Arbeid, Nomakhosazana Meth, het ‘n nuwe afdankingskode ingestel wat dit makliker en goedkoper maak vir klein besighede om werknewers wat onderpresteer, te bestuur. Die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau het […]
# Die kantoor van die eerste minister van Brittanje, Keir Starmer, het die Amerikaanse tegnologie-miljardêr Elon Musk veroordeel vir wat hulle noem “gevaarlike en opruiende taal” tydens ‘n toespraak wat uitgesaai is by een van die grootste ver-regse betogings ooit in Brittanje. Musk het by Saterdag se optog gevra vir die ontbinding van die Britse […]
# Krieket: Pakistan het teleurstelling uitgespreek nadat Indië geweier het om hande te skud gedurende gister se Asië-bekerwedstryd tussen die twee aartsvyande in Dubai. Die kapteins het nie hande geskud na die loot nie en die spelers het mekaar nie bedank nadat Indië met sewe paaltjies gewen het nie. Dit was die buurlande se eerste […]
# Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê Hamas word aangemoedig deur pogings van Brittanje, Frankryk en ander Amerikaanse bondgenote om ‘n Palestynse staat te erken. Hy het tydens ‘n gesamentlike nuuskonferensie met die Israelse eerste minister, Benjamin Netanyahu, in Jerusalem gesê so ‘n erkenning het geen uitwerking nie en dien eintlik as […]
# Die voorsitter van die ANC se Integriteitskomitee, Frank Chikane, bepleit hernude ywer, professionaliteit en revolusionêre moraliteit binne die party. Chikane het afgevaardigdes toegespreek op ‘n byeenkoms van ANC-raadslede in Johannesburg, en gewaarsku korrupsie en omstrede amptenare het staatsinstellings verswak. Hy vra lede om mense se belange te stel bo faksies of hulle gesinne, waaksaam […]
# Die Buro vir Ekonomiese Navorsing sê Suid-Afrika floreer nie maar oorleef slegs. Die groei van die bruto binnelandse produk word volgende jaar geskat op slegs 1,3-persent en privaat sektor-belegging bly ver onder die vlakke van voor Covid-19. Die buro waarsku groei word gestrem deur min privaat belegging, burokrasie en korrupsie, ondanks stygende verbruikersbesteding. Ondernemings […]
# Die Prokureursorde van Suid-Afrika het Nasionale Testamentweek 2025 by die kantoor van die Meester in Johannesburg bekendgestel. Die president van die orde, Nkosana Mvundlela, het die gratis testament-opstel dienste wat deur deelnemende prokureurs aangebied word, beklemtoon, en het Suid-Afrikaners aangemoedig om geldige testamente op te stel om hulle geliefdes se toekoms te beskerm. Vennote […]
# Die Gautengse voorsitter van die ANC, Panyaza Lesufi, het vir groter beskerming vir raadslede, amptenare en fluitjieblasers gevra tydens die aanvang van die nasionale aksieplan vir plaaslike regering by die FNB-stadion. Lesufi waarsku amptenare word geteiken in aanvalle en ontvang doodsdreigemente. Lesufi het dringende munisipale uitdagings uitgelig, insluitend verouderende infrastruktuur, kabeldiefstal, informele nedersettings en […]