# Statistieke SA sê besigheidslikwidasies is in Junie sewe-persent hoër as ‘n jaar gelede. Maatskappysluitings het met agt-persent gestyg, terwyl likwidasies van beslote korporasies met een-persent gestyg het. Onica Mushwana van Stats SA sê daar was in die eerste helfte van die jaar ‘n geringe algehele daling van een-persent in totale likdwidasies in vergelyking met […]
# Krieket: Nepal sal die 2026 Vroue T20 Wêreldbeker-kwalifiseringsrondes vanaf 12 Januarie tot 2 Februarie aanbied. Tien spanne sal dit uitspook vir die vier gesogte plekke in die hooftoernooi wat in Engeland en Wallis plaasvind. Bangladesh en Skotland het automaties gekwalifiseer vir die kwalifiseringstoernooi, terwyl Thailand en Nepal deur die Asië-streek gekwalifiseer het, met Amerika wat […]
# Die vakbond GIWUSA verwelkom die besluit van die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee om rentekoerse met 25-basispunte te verlaag. Die terugkoopkoers is die koers waarteen die sentrale bank geld aan kommersiële banke leen en dit staan tans op sewe-persent, met die prima uitleenkoers wat verlaag is tot 10,5-persent. GIWUSA se president, Mametlwe Sebei, sê […]
# Krieket: Suid-Afrika speel môre teen Pakistan in die eindstryd van die Wêreldkampioenskap vir Legendes op Edgbaston in Engeland nadat hulle Australië met ‘n enkele lopie verslaan het. Die span het ‘n mededingende 186 vir ses aangeteken danksy Morné van Wyk se 76 en Jon-Jon Smuts se 57. Die voormalige Protea-kaptein, AB de Villiers, het […]
# President Cyril Ramaphosa sê intense onderhandelings is aan die gang met Amerika terwyl lande steeds vir president Donald Trump se besluit oor tariewe wag. Ramaphosa het in die Uniegebou gesê Suid-Afrika het ‘n pakket voorgelê wat vra vir vrystellings vir belangrike uitvoerprodukte soos voertuie, staal, aluminium en sitrus, terwyl dit wedersydse belegging aanmoedig. Hy […]
# Die Parlement se portefeuljekomitee oor Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling verwelkom die aanstelling van regter Dunstan Mlambo as adjunkhoofregter. Dit volg op aanbevelings van die Regterlike Dienskommissie verlede maand. Mlambo dien sedert November 2012 as die Gautengse regter-president. Die komitee se voorsitter, Xola Nqola, sê Mlambo bied ‘n magdom ervaring en ‘n uitgelese rekord op […]