# Die nuut-aangestelde waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia sê die misbruik van wetstoepassingsmagte is ‘n groeiende bron van kommer. Cachalia het by die Uniegebou in Pretoria beklemtoon dat die polisie binne die wet moet optree wanneer hulle met gewelddadige misdadigers te doen kry. Hy het verwys na voorvalle soos Marikana en Andries Tatane, en […]
# Saftu vra ‘n nasionale werkstrategie wat monetêre beleid aan ‘n breër nywerheidsplan koppel en werkskepping verseker deur staatsgeleide belegging en plaaslike bedryfsondersteuning. Dit volg nadat die Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee besluit het om die terugkoopkoers met 25-basispunte tot sewe-persent te verlaag. Saftu se woordvoerder, Asive Dyani, sê hulle beskou die besluit as niks anders […]
# Rugby: Daar is vier nuwe gesigte in Westerlike Provinsie se opdrafspan vir môre se Curriebeker-kragmeting met die Leeus in Johannesburg. In die agterlyn is albei vleuels, Sako Makata en Jared Africa, terug in die beginspan, terwyl die Junior Springbok-ster Gino Cupido op die bank is. Onder die voorspelers begin die voormalige Junior Springbok-kaptein, Zachary […]
# Die onderwys-aktivis Hendrick Makaneta doen ‘n beroep op die regering om kwesbare kinders te beskerm teen moontlike uitsluiting in die 2026-skooljaar. Dit volg nadat Operasie Dudula sy plan aangekondig het om ongedokumenteerde buitelandse kinders te keer om in 2026 openbare skole by te woon. Makaneta sê hierdie optrede is nie net geweldig oneties nie, […]
# President Cyril Ramaphosa het dringende ondersteunende maatreëls aangekondig om Suid-Afrikaanse ondernemings en werksgeleenthede te beskerm teen die uitwerking van dreigende Amerikaanse tariefverhogings. Ramaphosa het in die Uniegebou gesê Suid-Afrika se posisie as Afrika se grootste ekonomie en nywerheidsekonomie veroorsaak dat die land ‘n potensiële teiken is. Hy het ‘n tweeledige benadering bevestig, naamlik moeilike […]
# Die DA sê die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het ‘n geweldige uitdaging om ‘n gebroke Polisiediens te herstel wat nie vertrou word nie. Hy waarsku dat die publiek se vertroue in die polisie op ‘n laagtepunt is as gevolg van politieke inmening, wanbestuur en diep-gewortelde korrupsie. Ian Cameron van die DA sê […]