# Die GOOD-party verwelkom die inhegtenisneming van die Misdaadintelligensiehoof, Dumisani Khumalo, en sê senior lede van wetstoepassing moet aan die hoogste standaarde van integriteit en aanspreeklikheid voldoen. Khumalo is aangekeer in verband met vermeende onregmatige senior aanstellings in die SAPD-misdaadintelligensie-afdeling. GOOD se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê korrupsie en misdadigheid kan nie toegelaat word by diegene […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 27 Junie 2025: NASIONAAL: # Business Day: Berig die regering van nasionale eenheid is geskud deur president Cyril Ramaphosa se ontslag van die DA se adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Andrew Whitfield. Die DA-leier, John Steenhuisen sê daar is geen wettige grondslag vir die stap nie. […]
# Olimpiese Spele: Die president van Internasionale Olimpiese Komitee, Kirsty Coventry, sê daar is oorweldigende steun onder lede om die vrouekategorie in sport te beskerm. Dit volg na die omstredenheid oor die 2024-bokstoernooi by die Parys-spele waar twee atlete, Imane Khelif en Lin Yu-Ting, goue medaljes gewen het. Dit ten spyte daarvan dat hulle die […]
# Iran se opperleier, Ajatolla Ali Khamenei, sê Amerika se aanvalle het niks belangrik reggekry om die land se kernprogram te vertraag nie. President Donald Trump beweer die aanvalle op drie terreine het Iran se kernvermoë uitgewis. Volgens ʼn uitgelekte intelligensieverslag is die skade moontlik nie so erg nie. Khamenei het in sy eerste openbare […]
# Die Nasionale Unie van Mynwerkers se gewese adjunkpresident Phillip Vilakazi is verkies as die vakbond se nuwe president nadat hy Dan Balepile met 80 stemme verslaan het by die 18de Nasionale Kongres in Boksburg. Balepile het vir ʼn tweede termyn gestaan. Olihile Kgwari is die nuwe adjunkpresident, Mpho Phakedi is die hoofsekretaris en die […]
# Die DA het die inhegtenisneming van die misdaadintelligensiehoof, Dumisani Khumalo, verwelkom. Dit hou verband met vermeende onwettige aanstellings. Dit volg na die arrestasies van ander senior amptenare van die Misdaadintelligensiediens vroeër die maand, insluitend die finansiële hoof, Philani Lushaba, in verband met ʼn beweerde toesmeerdery van ʼn inbraak en onregmatige aankope van twee luukse […]