# Die veelbekroonde sangeres, liedskrywer en maatskaplike aktivis, Simphiwe Dana, vier vandag en môre 20 jaar in die musiekbedryf met konserte in die Baxter-teater in Kaapstad. Sy sal verskeie besonderse liedjies in haar repertorium sing, insluitend dié op haar debuutalbum, Zandisile. Dana beklemtoon haar stemontwikkeling oor die afgelope 20 jaar is die bewys van haar […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, waarsku die huidige wêreldwye momentum van wedywering ondersteun die versplintering van ekonomieë en konflik wat wêreldvrede bedreig. Hy het ‘n hoëvlak-vergadering toegespreek op die derde G20-sjerpa-byeenkoms in Noordwes. Lamola sê ingewortelde uitdagings moet aandag kry om ‘n wêreldwye beredeneerde benadering terug te eis wat op […]
# Die Stad Tshwane sê hy maak vordering met die inkontraktering van een-duisend-283 sekerheidswagte wat tans in die metro se sekerheidstrukture werk. Die burgemeesterskomiteelid vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste, Kholofelo Morodi, sê ʼn gedetailleerde verslag aan die raad het ʼn finansieel haalbare, meerjarige plan uiteengesit om belangrike werksvoordele in te faseer. Sy sê dit sluit […]
# Die metaalwerkersvakbond NUMSA sê hy is nie bewus van moontlike afleggings by Denel as deel van die staatsinstelling se omkeerstrategie nie. Denel se uitvoerende hoof, Tshepo Monaheng, het verlede week aan die Parlement gesê die instelling bly onder druk weens skuld en oorweeg afleggings en die verkoop van sekere bates om sy kontantreserwes aan […]
# Die Vrystaatse polisie het bevestig dat ‘n graad 11-leerder van die Martie du Plessis Skool in Bloemfontein, Kamogelo Baukudi, vanoggend lewend gevind is in Wepener. Twee mans wat voorgegee het om polisiebeamptes te wees, het hom op 5 Junie ontvoer terwyl hy langs Vereeniging-rylaan van die skool af huis toe gery het. Polisiewoordvoerder, Motantsi […]
# Omgewingsorganisasies het kommer uitgespreek oor die regering se hernude belangstelling in gas-tot-krag-projekte in die Konsep- Geïntegreerde Hulpbronplan. Hulle waarsku die voorgestelde byvoeging van tot 19 gigawatts gasvermoë kan die land op die lang termyn van fossielbrandstof afhanklik maak terwyl dit energiekoste opjaag en ongelykheid vererger. Green Connection sê hulle eis deursigtige modellering, volle openbare […]