# Adjunkpresident Paul Mashatile het jongmense gevra om die voortou te neem met die bou van ‘n meer inklusiewe en volhoubare wêreld. Hy het tydens die G20-jeuggesprek in Sandton, Gauteng, gesê die jeug moet ‘n aktiewe rol in besluitneming speel en nie net as begunstigdes gesien word nie. Mashatile het beleggings in onderwys, digitale vaardighede, […]
# Die DA in Noordwes beweer die onderburgemeester van Tshwane en burgemeesterskomiteelid vir Finansies, Eugene Modise, skuld die Noordwes-behuisingskorporasie 12,5-miljoen-rand in onbetaalde huur vir die Morula Sun-eiendom. Die eiendom word blykbaar deur sy onderneming Mzanzi Resorts gehuur. Die DA-lid, CJ Steyl sê die huurkontrak het in 2019 teen 150-duisend-rand per maand begin en is verleng […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het ‘n reeks maatreëls aangekondig om sekerheid te verbeter by die Wynbergse Landdroshof in Kaapstad na die moord op ‘n beskuldigde. Dingalomoyo Chintso is vroeër vanjaar in die hof doodgeskiet. Direkteur-generaal Doctor Mashabane het die aanbring van ‘n sekerheidskandeerder, die opskerp van toegangsbeheer en die […]
# Die DA in die Noord-Kaap het die provinsiale wetgewer versoek om die fasilitering van ‘n gesamentlike komiteevergadering te bespoedig. Die party sê dit is om die Departement van Vervoer, Veiligheid en Skakeling aanspreeklik te hou vir die uitstel van sy jaarlikse oudituitkoms oor sy omstrede kantoorhuurkontrak. Reinette Liebenberg van die DA sê die departement […]
# Die Internasionale Lugvervoervereniging het sy Volhoubare Pasgemaakte Stalerbrandstofplatform bekendgestel om lugdienste en volhoubare stralerbrandstofvervaardigers te verbind deur die Lugvaartenergie-spilpunt. Die platform, wat ten doel het om die aanvaarding van volhoubare stralerbrandstof te versnel, sal doeltreffendheid, konnektiwiteit en deursigtigheid met verkrygings verbeter. Marie Owens Thomsen van die vereniging sê die platform ondersteun netto-nul doelwitte teen […]
# Sokker: Vinicius Junior het ‘n sprankelvertoning gelewer met ‘n doel en ‘n bystand-doel toe Real Madrid sy plek in die laaste 16 van die Klub-Wêreldbekertoernooi beklink het met ‘n oorwinning van 3-0 oor Salzburg. Gonzalo Garcia het die oorwinning laat in die wedstryd verseker met sy tweede doel van die toernooi. Dit beteken Xabi […]
# Kopanang Africa Against Xenophobia sê hy is diep besorg oor groepe soos Operasie Dudula wat buitelandse burgers onwettig verhoed om openbare gesondheidsorg in die land te gebruik. Dorothy Mabelebele van die organisasie sê Suid-Afrikaanse wetgewing verbied diskriminasie vir die lewering van gesondheidsorg op grond van nasionaliteit. Sy sê alle mense het die reg op […]