# Namibië se president Netumbo Nandi-Ndaitwah het bevestig dat haar land sy verhouding met Limpopo wil versterk en seker maak die bestaande ooreenkomste tussen die twee loop uit op tasbare ekonomiese en maatskaplike voordele. Limpopo-premier Phophi Ramathuba het ʼn provinsiale hoëvlak-afvaardiging gestuur om deel te neem aan die 25ste jaarlikse Ongwediva-handelskou in Namibië. Nandi-Ndaitwah sê […]
# Die African Unite Borders Bus Trucks Association sê die Wysigingswet op die Vervoerappèltribunaal moet gerespekteer word. Volgens die wetgewing word ʼn besluit outomaties opgeskort wanneer appèl aangeteken word binne 30 dae nadat die betrokke party in kennis gestel is. Die respondent mag egter aansoek doen om die opskorting teen te staan. Die vereniging se […]
# Die polisie in Gauteng het ʼn 47-jarige man in hegtenis geneem in verband met die ontvoering van twee mense en die kaping van ʼn Omoda-motorvoertuig in Centurion. Die polisiewoordvoerder, Dimakatso Nevhuhulwi, sê die beamptes was besig met misdaadvoorkoming-pligte in die Tshwane-area toe hulle inligting oor die kaping en ontvoering ontvang. Sy sê die verdagte is […]
# Die DA sê die ontplooiing van meer kaders uit die Patriotic Alliance se binnekring na sleutelposte in die Departement van Sport, Kuns en Kultuur toon dat Gayton McKenzie onvanpas is om ‘n minister te wees. Die DA meen minstens 19 senior regeringsposte word deur McKenzie se eie bondgenote gevul. Leah Potgieter van die DA […]
# Die Taakspan vir Politieke Moorde in Gauteng het nog twee verdagtes in hegtenis geneem vir bedrog, diefstal en peuter met noodsaaklike infrastruktuur by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit. Die twee is in Vanderbijlpark gearresteer en is verbonde aan die Inkomste- en Elektriese Departemente. Nasionale Polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, sê dit bring die aantal verdagtes wat in […]
# Die grondwet-kenner, professor Pierre de Vos, sê die Wetsontwerp op Koalisies se probleem is dat dit aandag wil gee aan die simptome van wanbestuur en onbestendigheid in plaaslike regering en nie aan die grondoorsake nie. Die wetsontwerp stel ʼn regsraamwerk voor vir die vorming van koalisieregerings. De Vos sê in ʼn artikel vir News24 […]
# Die Britse eerste minister Andy Burnham besoek vandag Oekraïne om sy land se ondersteuning aan Kiëf te bevestig ná Rusland se toenemende, dodelike aanvalle. Hy sal na verwagting president Volodymyr Zelensky ontmoet om Oekraïne se 35 jaar van onafhanklikheid te gedenk. Burnham sal ook aankondig dat sy regering ingestem het dat die verdedigingsfirma, MBDA, […]