# Reddingspanne op soek na vyf vasgekeerde Chileense mynwerkers het ‘n liggaam gevind. Die mynwerkers is vasgekeer toe ‘n gedeelte van die El Teniente-kopermyn Donderdag ineengestort het na ‘n sterk aardbewing van 4.2. Vier mynwerkers word steeds vermis, en reddingswerkers het onderneem om hul soektog voort te sit. Sky News berig die spanne probeer om […]
# Krieket: Voormalige Protea-ster-kolwer AB de Villiers het ‘n onoorwonne 120 lopies van 60 balle geslaan om Suid-Afrika se kampioenspan tot ‘n oorwinning te lei in die eindronde van die Wêreldkampioenskap van Legendes teen Pakistan op Edgbaston. Die Suid-Afrikaners het die oorwinning van nege paaltjies verseker met nog 19 balle oor en ‘n wennerstjek van […]
# Action Society sê hulle het geen vertroue dat die Madlanga-kommissie se regterlike ondersoek na bewerings van diepgewortelde korrupsie en politieke inmenging in die polisie betekenisvolle resultate sal oplewer nie. Die woordvoerder van Action Society, Juanita du Preez, sê die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het ‘n begroting van 147,9-miljoen-rand oor ses maande aan […]
# Krieket: Suid-Afrika se T20-kaptein, Aiden Markram, wil hê belowende jong kolwers moet die geleentheid van beperkte boulbeurt-toere na Australië en Engeland oor die volgende agt weke gebruik om te ontwikkel. Suid-Afrika het hoë verwagtinge vir Lhuan-dre Pretorius en Dewald Brevis, met hul voorbereiding vir volgende jaar se T20-Wêreldbeker. Suid-Afrika was laasjaar naaswenners van die […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile sê die regering is besig om aandag te skenk aan die watertekort in die land namate die vraag toeneem as gevolg van ekonomiese en bevolkingsgroei. Hy sê die regering het belowe om oor die volgende drie jaar meer as 940-miljard-rand aan infrastruktuur te bestee. Mashatile sê hierdie geld sal gebruik word […]
# Die EFF het die bekendstelling van die Inkontrakteringswetsontwerp in die Nasionale Vergadering as ‘n Privaatlid-wetsontwerp verwelkom. Dit is ingedien deur sy tesourier-generaal, Omphile Maotwe. Die party sê die doel is om die staat op alle vlakke te dwing om noodsaaklike en gereeld benodigde dienste uit eie geledere aan te vul. Die EFF sê die […]
# Die DA in Gauteng sê hy is bekommerd dat groepe wat teen migrante gekant is soos Operasie Dudula en March and March toenemend beheer verkry oor verskeie hospitale en klinieke in die provinsie. Die party sê dit is onwettig en plaaslike sekerheidswagte, misdaadbewaarders en polisie moet ingryp. Jack Bloom van die DA sê hy […]
# Die onderwysaktivis Hendrick Makaneta sê die aanstelling van regter Dunstan Mlambo as Adjunkhoofregter is ‘n stap vorentoe, nie net vir die regstelsel nie, maar ook vir alle sektore soos onderwys. Hy sê Mlambo se aanstelling is ‘n belangrike stap vir Suid-Afrika, veral vir diegene wat glo in ‘n regbank wat billikheid, transformasie en die […]
# Die Stad Tshwane sê hulle gaan appelleer teen die Pretoria Hooggeregshof-uitspraak oor die stad se skoonmaakheffing van 194-rand per maand vir kliënte wat privaat vullisverwydering gebruik. AfriForum het die hof genader om die metro se besluit tersyde te stel om ‘n nuwe verpligte maandelikse heffing van ongeveer 260-duisend huishoudings en ondernemings te hef. Die […]