# Die BBC het gereageer nadat twee Strictly Come Dancing-sterre daarvan beskuldig is dat hulle kokaïen gebruik het. Volgens The Sun on Sunday het die uitsaaier glo ‘n regsfirma aangestel om die bewerings te ondersoek. Die BBC het aan Sky News gesê hulle het duidelike protokol en beleid vir die hantering van enige ernstige klagtes. […]
# Swem: Pieter Coetzé kry vandag nog ‘n kans om sy reeds indrukwekkende medalje-oes by die Wêreld-swemkampioenskap in Singapoer te verbeter nadat hy gister sy 50 meter-rugslag-halfeindronde gewen het. Die 21-jarige het reeds goud in die 100-meter-rugslag en silwer in die 200-meter-rugslag ingepalm. Coetzé het met sy oorwinning in die halfeindronde die Suid-Afrikaanse en Afrika-rekord […]
# ‘n Nasionale uitvoerende komiteelid van die ANC, Kgosientsho Ramokgopa, sê die kwessie van ekonomiese groei en die nastrewing van swart ekonomiese bemagtiging is nie onversoenbaar nie. Hy sê die besluit van president Donald Trump om ‘n straftarief van 30-persent op Suid-Afrikaanse uitvoere in te stel, het niks te doen met ‘n beleid soos Swart […]
# Motorsport: Charles Leclerc het in ‘n uitsonderlike laat ronde geslaag om die voorste wegspringplek by die Hongaarse Grand Prix in te palm. Gister se kwalifiseringsronde was een van die strafste sessies in Formule Een-geskiedenis en het Leclerc vir die eerste keer in sy loopbaan voor laat wegspring in Hongarye. Dit was ook sy en […]
# Rugby: Die Leeus het gistermiddag ‘n oortuigende oorwinning van 40-19 oor die Westelike Provinsie in Johannesburg behaal. Hulle het nou vyf punte op die punteleer bygevoeg vir elk van die twee wedstryde wat hulle tot dusver in hierdie seisoen se Curriebeker-kompetisie gespeel het. Die Leeus het vyf drieë en ‘n strafdrie gedruk teenoor die […]
# Die Kaapse Onafhanklikheidsparty sê die Stad Kaapstad het sy aansoek om as ‘n Amicus Curiae toegelaat te word in die saak tussen die Suid-Afrikaanse Eiendomseienaarsvereniging en Kaapstad verwerp. Joan Swart van die Kaapse Onafhanklikheidsparty sê hulle wou aanvoer dat artikel 214 van die Grondwet billike verdeling van inkomste tussen regeringsafdelings verplig en dat elke […]
# Rugby: Die Bulle het gister hulle stemme dik gemaak toe hulle die Haaie met 64-0 in ‘n dominerende Curriebeker-wedstryd op Loftus Versfeld geklop het. Dit was die Bulle se grootste oorwinning oor hul mededingers uit Piesangland. Die byna tienduisend ondersteuners wat die koue in Pretoria trotseer het, het gesien hoe die tuisspan 10 drieë […]