# Die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party vra vir die dringende herposisionering van die Suid-Afrikaanse Reserwebank om ‘n ontwikkelingsrol vir die staat te speel. Die SAKP-woordvoerder, Mbulelo Mandlana, sê indiensneming moet uitdruklik as deel van sy mandaat ingesluit word en hy moet aanspreeklik wees vir die mislukking om sy grondwetlike mandaat te bereik om gebalanseerde en volhoubare […]
# Die MK-party se vroueliga het die wrede aanranding van die 16-jarige, Thapelo Motha, ‘n leerder aan die Thuto Lesedi Secondary School in Vosloorus, veroordeel. Lindi Mtshali van die liga sê volgens sy ma, Nomthandazo Ndaba, is Thapelo op 23 Julie aangeval deur ‘n groep seuns wat na bewering sy skooltas wou steel. Sy sê […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement doen ‘n beroep op afgetrede en werkende verpleegpersoneel, data-insamelaars en gemeenskapslede om vrywillig aan te sluit by die provinsie-wye Masels en Duitse Masels-massa-inentingsveldtog. Die woordvoerder, Motalatale Modiba, sê die veldtog sal van Dinsdag tot 12 September duur en sal gerig wees op die meer as 4-miljoen kinders in skole, crèches en […]
# Die Wes-Polisie ondersoek ‘n saak van huisroof nadat ‘n 60-jarige man en ‘n vrou vroeg gisteroggend op ‘n plaas naby Franschhoek aangeval is. Polisiewoordvoerder, Frederick Van Wyk, sê polisielede het ‘n klag van ‘n huisroof op ‘n plaas ontvang. Hy sê met hul aankoms het hulle die twee bloedbedekte slagoffers gevind:
# ‘n Reusebrand by ‘n oliedepot naby Rusland se Swartsee-oord Sochi, is volgens Russiese owerhede die gevolg van ‘n Oekraïnse hommeltuigaanval. Sochi se nabygeleë lughawe het lugverkeer opgeskort. Rusland se ministerie van Verdediging sê sy lugverdediging het oornag 93 Oekraïnse hommeltuie onderskep, waarvan 60 oor die Swartsee-streek was. Oekraïne se lugmag sê Rusland het oornag […]
# ‘n Lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, Kgosientsho Ramokgopa, sê die komitee het die behoefte erken om arbeidsintensiewe sektore soos landbou, vervaardiging en die boubedryf te ondersteun. Hy sê hulle het opnuut bevestig dat ‘n volhoubare en transformerende ekonomiese agenda op mense en ontwikkeling moet fokus. Die basis daarvan is gedeelde voorspoed, […]
# Slegs 36 hulpvragmotors is Saterdag in Gaza ontplooi, ten spyte van die humanitêre krisis in die gebied. Amptenare sê ten minste 600 vragmotors is daagliks nodig. Die onmiddellike opening van toegangsroetes om hulp toe te laat is gisteraand bepleit. President Donald Trump se Midde-Oosterse gesant het intussen aan die families van die gyselaars wat […]
# Rugby: Die Springbok-vroue se prestasie-afrigter, Swys de Bruin, het sy span geprys nadat hulle Saterdag Nieu-Seeland se Swart Varings op die Athlone-stadion in Kaapstad gewen het om hul voorbereiding vir die Rugbywêreldbeker op ‘n positiewe noot af te sluit. De Bruin sê die oorwinning van 41-24, het in teenstelling met die nederlaag van 34-26 […]