# Die minister van Handel van Lesotho, Mokhethi Shelile, waarsku dat die vermindering van Amerikaanse tariewe van 50-persent na 15-persent moontlik te laat is om die land se sukkelende tekstielbedryf te red. Maande van onsekerheid het fabrieksluitings en werksverliese tot gevolg gehad. Dié sektor, Lesotho se hoofuitvoerder en grootste privaatwerkgewer, het staatgemaak op die voordele […]
# Die Russiese president, Vladimir Putin, het die Amerikaanse gesant, Steve Witkoff, in Moskou ontmoet, twee dae voor die verstryking van president Donald Trump se sperdatum aan Moskou om sy oorlog in Oekraïne te staak of nuwe sanksies te verwag. Trump het Rusland tot Vrydag kans gegee om vordering te maak met die vredesproses. Drie […]
# Die vakbond Solidariteit het ‘n vyfpunt-plan bekendgestel om die uitwerking van Amerika se invoertariewe van 30-persent op Suid-Afrikaanse goedere te versag. Die plan sluit in samesprekings tussen die administrasies van presidente Cyril Ramaphosa en Donald Trump, ondersteuning vir werkers en nywerhede wat geraak word en pogings om handelsbande tussen die twee lande te versterk. […]
# Die Department van Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê hy het sterk beswaar aangeteken teen die omstandighede rondom die onlangse besoek aan Marokko deur die oud-president en leier van die MK-party, Jacob Zuma. ‘n Woordvoerder van die ministerie, Chrispin Phiri, sê dit volg nadat Zuma die Koninkryk van Marokko verlede maand besoek het en in […]
# Die DA sê die Gautengse regering tree slegs op wanneer ‘n krisis opduik. Dit volg na die vertraging van die skorsing van die departementshoof, Nontsikelelo Sisulu en die hoof- finansiële beampte, Mduduzi Malope, na ‘n forensiese ondersoek waar finansiële onreëlmatighede in die Departement van Gemeenskapveiligheid ontbloot is. Crezane Bosch van die DA sê swak […]
# Die voorsitter van die Parlement se Portefeuljekomitee oor Vervoer, Donald Selamolela, het die Departement van Vervoer se skoon oudit vir die 2024/25 boekjaar verwelkom. Selamolela sê die mylpaal is ‘n sterk fondament vir verbeterde dienslewering en openbare verantwoordbaarheid. Hy het amptenare geprys oor die deursigtigheid van beide prestasie en uitgawes. Hy het egter beklemtoon […]